YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 296 OF 364

Vraag 43: Wat is die Ons Vader? — Matteus 6:9-13

1. Hierdie gebed is die kosbaarste geskenk wat ons van die Here af ontvang het. Dink ná oor wat die eerste drietal bedes oor God sê. Wat beteken elkeen van hulle?

2. Dink na oor wat die tweede drietal bedes oor ons sê. Wat beteken elkeen van hulle?

3. Lees die verse later vandag weer om dit te memoriseer (in ‘n vertaling wat vir jou werk) en ‘n daaglikse deel van jou gebed te maak.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Matteus 6 met die tema: Jesus fokus op die lewe van geregtigheid.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More