Wie Is God?Sample

Vraag 41: Hoe moet jy bid? — Efesiërs 6:18-20
1. Paulus sluit sy beskrywing van die wapenrusting van die gelowige in geestelike oorlogvoering met die allergrootste wapen: gebed. Let op hoe dit gedoen word. Wat leer jy daaruit?
2. Paulus is helder daaroor dat gebed persoonlik en in alle omstandighede is, maar dat dit ook moet insluit die gebed vir almal wat betrokke is om die evangelie te verkondig. Hoe kan jy meer gereeld daarby inskakel?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat gebed ons grootste wapen in alle omstandighede is.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Efesiërs 6 met die tema: Soek julle krag in die Here en sy groot mag.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Horizon Church October Bible Reading Plan - the Book of Romans: Freely Justified

The Table: What a Boy Discovered at Camp

Workplace Evangelism - 40 Rockets Tips (26-30)

The Letter to the Colossians and the Letter to Philemon

I Feel Abandoned

So That

God's Love Letter to You - Chronological Bible in a Year

Parables of Grace: Embrace God’s Love for You

Unlimited Motherhood: Overcome 12 Limits That Overwhelm and Conflict Our Hearts
