YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 284 OF 364

Vraag 41: Hoe moet jy bid? — Matteus 21:18-22

1. Jesus soek verniet “ontbyt” by ’n vyeboom, maar tevergeefs. Hy gebruik die verdroging van die vyeboom om die dissipels iets te leer oor die krag van geloof in die uitvoering van hulle roeping: “Alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo.” Hoe bemoedig dit jou in die uitvoering van jou roeping?

2. Daar is ook ’n duidelike simboliese betekenis in die verhaal, want die vervloeking van die vyeboom is ook ’n inleiding tot sy gesprek met die Joodse leiers wat net hierna volg en waarin Hy hulle leweloosheid aan die kaak sal stel. Jesus het gekom om die vrug van die Joodse vyeboom te geniet, maar verniet. Daarom praat Hy met hulle oor sy gesag en die noodsaak van gehoorsaamheid en geloof. Kan jy aan parallelle dink vandag?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die krag van geloof in die gehoorsaamheid aan jou roeping.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Matteus 21 met die tema: Jesus het ’n groot impak op Jerusalem en die Joodse leiers.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More