YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 288 OF 364

Vraag 42: Wat moet jy bid?

1. Wat moet jy bid?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

Die hele Woord van God inspireer en begelei my deur sy Gees in wat ek moet bid. Ek bid vir alle liggaamlike en geestelike behoeftes, persoonlik sowel as in die gemeente en gemeenskap, in die verwagting dat God ter wille van Christus my gebede sal verhoor volgens die beloftes in die Woord.

3. Lees die verhaal van God se belofte aan Salomo in 2 Kronieke 7:12-16. Wat tref jou?

4. Lees my opmerkings daaroor. Oordink dit.

God belowe aan Salomo dat Hy gebede sal verhoor

Een nag het die Here aan Salomo verskyn en belowe dat Hy sy gebede sal verhoor. Soms sal daar geen reën wees nie, of sprinkane sal die oeste opvreet, of daar kan plae kom. God se belofte is egter: “Wanneer die volk wat my Naam dra, hulle verootmoedig en bid, en My weer soek en hulle afkeer van hulle bose lewens, sal Ek in die hemel hoor en hulle sondes vergewe en hulle land gesond maak.” Die Here belowe dat Hy ’n oog sal hou oor ons en sal luister na elke gebed wat opgestuur word. Daarop kan ons altyd staat maak.

5. Die Jode het drie gebedstye gehad, soos mens in Daniël se lewe geïllustreer sien. Hy het drie maal per dag voor God gekniel en Hom geprys, aanbid en gedank (Daniël 6:11). In die Joodse tradisie is daar mettertyd ’n uitgebreide aantal voorskrifte vir dié gebede ontwikkel wat vandag nog nagevolg word. Lees my bydrae hieroor op Bybelskool.com waar jy ook 'n pdf met die onderskeie Bybeltekste kan aflaai om in jou eie gebede te gebruik: https://bybelskool.com/drie-vaste-gebedstye-vir-elke-dag/.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More