Wie Is God?Sample

Vraag 36: Word alle mense gered deur Christus se verlossing?
1. Word alle mense gered deur Christus se verlossing?
2. Lees my antwoord en oordink dit.
Nee, slegs dié wat deur God uitgekies is en in ’n ware geloof in Christus ingelyf is. Tog betoon God in sy barmhartigheid sy algemene genade aan alle mense deur die effek van die sonde te beperk en lewe deur sy voorsiening moontlik te maak.
3. Lees Jesus se verduideliking van die uitverkiesing in Matteus 22:1-14. Wat tref jou?
4. Lees my opmerkings daaroor. Oordink dit.
Daar is inderdaad baie meer genooides as uitverkorenes
Jesus het vir die Jode baie gelykenisse vertel oor God se koningsheerskappy. Hy het die verhaal vertel van ’n koning wat ’n bruilofsfees vir sy seun voorberei het. Toe die fees gereed was, wou die gaste nie kom nie. Selfs met die tweede uitnodiging het die genooides net hulle skouers opgetrek. Die koning het sy mense gestuur na die straathoeke. Almal wat hulle kon kry, is genooi, slegtes sowel as goeies. Iemand het egter sonder die bruilofsklere opgedaag. Konings het dit gewoonlik verskaf. Hy is daarom uitgesmyt. Jesus som die gelykenis op met hierdie woorde: “Daar is inderdaad baie meer genooides as uitverkorenes.”
5. Lees die Geloofsbelydenis van Athanasius 410-44, die Nederlandse Geloofsbelydenis 16 en die Heidelbergse Kategismus 20 en 30. Dink na oor die betekenis van Christus se verlossing vir alle mense.
Geloofsbelydenis van Athanasius 41-44
41. By sy koms sal alle mense, met hulle liggame, opstaan
42. en van hulle eie werke moet rekenskap gee.
43. En die wat goed gedoen het, sal die ewige lewe ingaan, maar die wat sonde gedoen
het, in die ewige vuur.
44. Dit is die algemene geloof; en as iemand dit nie getrou en vas glo nie, sal hy nie salig kan word nie.
Nederlandse Geloofsbelydenis 16
DIE EWIGE VERKIESING VAN GOD
Ons glo dat God, toe die hele geslag van Adam deur die sonde van die eerste mens in die verderf en ondergang gestort is, Hom betoon het soos Hy is, naamlik barmhartig en regverdig. God is barmhartig, aangesien Hy dié wat Hy uitverkies het, uit hierdie verderf trek en verlos; God het hulle, uit louter goedheid en sonder om hulle werke in die minste in aanmerking te neem, in sy ewige en onveranderlike raad uitverkies in Jesus Christus, ons Here. God is regverdig deurdat Hy die ander in hulle val en verderf laat bly waarin hulle hulleself gewerp het.
Romeine 3:12; 9:16; Deuteronomium 32:8; 1 Samuel 12:22; Psalm 65:5; Maleagi 1:2; 2 Timoteus 1:9; Romeine 9:29; Titus 3:4-5; Efesiërs 1:4-5; Romeine 11:5; Handelinge 2:47; 13:48; 2 Timoteus 2:20; Romeine 9:11; 1 Petrus 1:2; Romeine 9:21; Johannes 6:27, 44; 17:9,12; Johannes 13:9; 15:16; Romeine 11:34-35; Johannes 18:20; 15:19; Titus 1:1; Efesiërs 1:3; Johannes 10:29; Matteus 15:24; 20:23.
Heidelbergse Kategismus 20, 30
20 Vraag: Word al die mense dan weer deur Christus salig soos hulle deur Adam verlore gegaan het?
Antwoord: Nee; (a); maar slegs die wat deur 'n ware geloof in Hom ingelyf word en al sy weldade aanneem (b).
(a) Matteus 7:14; 22:14. (b) Markus 16:16; Johannes 1:12; 3:16, 18, 36; Jesaja 53:11; Psalm 2:12; Romeine 11:20; 3:22; Hebreërs 4:3; 5:9; 10:39; 11:6.
30 Vraag: Glo die mense wat hulle saligheid en heil by die heiliges, by hulleself of iewers anders soek, ook in die enigste Verlosser, Jesus?
Antwoord: Nee, maar hulle verloën met die daad die enigste Verlosser as Heiland, Jesus, alhoewel hulle met die mond in Hom roem (a). Slegs een van twee dinge is immers moontlik: of Jesus is nie 'n volkome Verlosser nie, of die wat hierdie Verlosser met 'n ware geloof aanneem, het in Hom alles wat vir hulle saligheid nodig is (b).
(a) 1 Korintiërs 1:13, 30, 31; Galasiërs 5:4..(b) Hebreërs 12:2; Jesaja 9:6; Kolossense 1:19, 20; 2:10; 1 Johannes 1:7.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

The Letter to the Philippians

How to Love Your Work and God

Lighting Up Our City Video 2: Avoiding Insider Language

Faith in Action: A Journey Through James

Life@Work - Sharing Your Faith in the Workplace

The Discipline of Study and Meditation

How to Love Like Jesus

How Is It With Your Soul?

My Problem With Prayer
