YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 215 OF 364

Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? — Romeine 8:34

1. Paulus spel drie aspekte van Jesus Christus se dood, opstanding, hemelvaart en teenwoordigheid by God vir ons uit: Hy het vir ons gesterwe; Hy sit op die ereplek langs God; Hy pleit daar vir ons. Wat beteken dit vir jou?

2. Paulus herinner ons aan hierdie dinge dat ons nie moedeloos moet raak as daar teenstand teen ons lewe en getuienis is nie. Ons sal nooit weer in veroordeling kom nie, want Jesus staan vir ons in. Hoe laat dit jou voel?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan Jesus wat vir jou gesterf het, en op die ereplek langs God sit en vir jou pleit.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Romeine 8:18-39 met die tema: As God vir ons is, wie kan teen ons wees.

Scripture

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More