Wie Is God?Sample

Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? — Die belydenisskrifte
1. Lees die aanhalings uit die Apostoliese Geloofsbelydenis 5-6, die Geloofsbelydenis van Nicea 5-6, die Geloofsbelydenis van Athanasius 38-39 en die Heidelbergse Kategismus 45-46, en 49-51. Wat leer jy oor die opstanding en hemelvaart van Jesus Christus? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?
Apostoliese Geloofsbelydenis 5-6
5. (Ek glo in Jesus Christus) wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode;
6. wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader,
Geloofsbelydenis van Nicea 5-6
5. (Ons glo in een Here Jesus Christus) Op die derde dag het Hy volgens die Skrifte opgestaan.
6. En Hy het na die hemel opgevaar. Hy sit aan die regterhand van die Vader.
Geloofsbelydenis van Athanasius 38-39
38. (so is God en mens een Christus) wat ter wille van ons saligheid gely het, wat die angste van die hel tot in die dood ondergaan het, op die derde dag uit die dood opgestaan het,
39. na die hemel opgevaar het en aan die regterhand van God, die almagtige Vader, sit.
Heidelbergse Kategismus
45 Vraag: Watter nut het die opstanding van Christus vir ons?
Antwoord: Ten eerste het Hy deur sy opstanding die dood oorwin sodat Hy ons die geregtigheid wat Hy deur sy dood verwerf het, deelagtig kon maak (a). Ten tweede word ons nou ook deur sy krag tot 'n nuwe lewe opgewek (b). Ten derde is die opstanding van Christus vir ons n betroubare waarborg van ons salige opstanding (c).
(a) Romeine 4:25; 1 Petrus 1:3; 1 Korintiërs 15:16. (b) Romeine 6:4; Kolossense 3:1, 5; Efesiërs 2:5, 6. (c) 1 Korintiërs 15:20, 21.
46 Vraag: Wat verstaan jy onder: wat opgevaar het na die hemel?
Antwoord: Christus is voor die oë van sy dissipels van die aarde af na die hemel opgeneem (a) en Hy is vir ons daar ten goede (b) totdat Hy terugkom om reg te spreek oor die lewendes en die wat alreeds gesterf het (c).
(a) Handelinge 1:9; Markus 16:19; Lukas 24:51: (b) Hebreërs 9:24; 4:14; Romeine 8:34; Kolossense 3:1. (c) Handelinge 1:11; Matteus 24:30.
49 Vraag: Watter nut het die hemelvaart van Christus vir ons?
Antwoord: Ten eerste dat Hy in die hemel ons Voorspraak by die Vader is (a). Ten tweede dat ons ons menslike natuur in die hemel as 'n betroubare waarborg het dat Hy, as die Hoof; ook ons, sy lede, na Hom toe sal neem (b). Ten derde dat Hy sy Gees as waarborg na ons toe stuur (c) deur wie se krag ons soek na wat daar bo is, waar Christus is en aan die regterhand van God sit, en nie na wat op die aarde is nie (d).
(a) 1 Johannes 2:1; Romeine 8:34. (b) Johannes 14:2; 17:24; 20:17 2:6. (c) Johannes 14:16; 16:7; Handelinge 2:33; 2 Korintiërs 1:22; 5:5 (d) Kolossense 3:1.
50 Vraag: Waarom word daar bygevoeg: en sit aan regterhand van God?
Antwoord: Christus het na die hemel opgevaar sodat Hy Hom daar as die Hoof van sy Christelike kerk (a) kan betoon, deur wie die Vader alles regeer (b).
(a) Efesiërs 1:20-23; Kolossense 1:18. (b) Matteus 28:18; Johannes 5:22.
51 Vraag: Watter nut bring hierdie heerlikheid van ons Hoof Christus vir ons?
Antwoord: Ten eerste dat Hy deur sy Heilige Gees die hemelse gawes in ons, sy lede, uitstort (a). Ten tweede dat Hy ons met sy mag teen alle vyande beskerm en bewaar (b).
(a) Handelinge 2:33; Efesiërs 4:8. (b) Psalm 2:9; 110:1, 2; Johannes 10:28: Efesiërs 4:8.
2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die geloofsbelydenisse jou gee oor opstanding en hemelvaart van Jesus Christus.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

The Origin of Our Story

Philippians - Life in Jesus

UNPACK This...Being a Good Teammate in Life

Every Thought Captive

Forever Welcomed: A Five-Day Journey Into God’s Heart for All

3 - LORD'S PRAYER - the Lord´s Requirements

The Rapture of the Church

As He Purposeth in His Heart by Vance K. Jackson

Don’t Know What You’re Doing After Graduation? Good.
