YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 219 OF 364

Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? — Romeine 8:18-24

1. Die wonder van die wederkoms van die Here Jesus Christus is dat God nie net sy kinders openlik bekend sal stel nie, maar die ganse skepping sal bevry. Hoe laat dit jou voel oor die toekoms?

2. Die wonder van die wederkoms is verder dat die Gees aan ons as voorsmaak en waarborg van die toekomstige heerlikheid gegee is? Hoe laat dit jou voel oor jou lewe nou?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die wonder van die wederkoms en die feit dat die Gees jou waarborg is dat jy dit alles in ontvangs sal neem.

4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Romeine 8:18-39 lees met die tema: As God vir ons is, wie kan teen ons wees.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More