YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 218 OF 364

Vraag 32: Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou?

1. Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

Jesus Christus sal weer kom om my saam met al die uitverkorenes na Hom in die hemel te neem. Ek kan daarom in alle droefheid en vervolging volhard omdat Hy alle vervloeking van my weggeneem het en al sy en my vyande in die ewige verdoemenis sal werp. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.

3. Lees Paulus se verduideliking van die wederkoms van Jesus in 1 Tessalonisense 4:13-18. Wat tref jou?

4. Lees my opmerkings daaroor. Oordink dit.

Jesus keer terug om ons na Hom in die hemel te neem

Paulus wil nie hê ons moet treur oor gelowiges wat sterf nie. Ons het die troos van ’n toekomsvooruitsig. Ons glo dat Jesus gesterf én opgestaan het. Daarom glo ons dat God die dooies wat in Jesus geglo het, saam met Jesus sal terugbring. Ons wat bly lewe tot wanneer die Here terugkeer, het nie ’n voorsprong nie. Die Here sal self uit die hemel neerdaal. Die dooies wat aan Christus behoort, sal opstaan. Daarna sal ons wat bly lewe het, saam met hulle op wolke die lug in weggevoer word om die Here te ontmoet en vir altyd by Hom te wees.

5. Lees die Heidelbergse Kategismus vraag en antwoord 42 en 52 oor die nut van die wederkoms van Christus en dink na oor die betekenis daarvan vir jou.

42 Vraag: As Christus dan vir ons gesterf het, waarom moet ons ook nog sterwe?

Antwoord: Ons dood is nie 'n betaling vir ons sondes nie (a), maar slegs 'n afsterwe van die sondes en 'n deurgang tot die ewige lewe (b).

(a) Markus 8:37; Psalm 49:8. (b) Filippense 1:23; Johannes 5:24; Romeine 7:24.

52 Vraag: Hoe word jy getroos deur die wederkoms van Christus om die lewendes en die dooies te oordeel?

Antwoord: Dat ek in alle droefheid en vervolging dieselfde Persoon met gespanne verwagting as Regter uit die hemel verwag (a) wat Hom tevore in my plek voor die regbank van God gestel en alle vervloeking van my weggeneem het. Verder: dat Hy al sy en my vyande in die ewige verdoemenis sal werp (b), maar my, saam met al die uitverkorenes, na Hom in die hemelse blydskap en heerlikheid saamneem (c).

(a) Filippense 3:20; Lukas 21:28; Romeine 8:23; Titus 2:13; 1 Tessalonisense 4:16. (b) Matteus 25:41; 2 Tessalonisense 1:6. (c) Matteus 25:34; 2 Tessalonisense 1:7.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More