YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 214 OF 364

Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? — Handelinge 1:9-11

1. Die dissipels kon Jesus se hemelvaart duidelik ervaar, sodat hulle kon weet dat Hy weg is na God toe. ‘n Wolk was telkens in die Bybel die teken van God se teenwoordigheid. Wat beteken dit vir jou dat Jesus nou by God is?

2. Die engele het die dissipels verseker dat Jesus nét so sou terugkom soos hulle Hom die hemel sien ingaan het. Watter hoop bring dit vir jou?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die werklikheid nie net van die hemelvaart nie, maar ook van die wederkoms.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Handelinge 1 met die tema: Wag op die gawe van die Heilige Gees.

Scripture

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More