YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 211 OF 364

Vraag 31: Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou?

1. Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

Jesus Christus sit aan die regterhand van die Vader. Hy berei vir my ’n plek voor en bid voortdurend vir my. Hy begelei die verlossing en vernuwing van elke deel van die gevalle skepping totdat Hy terugkeer. Hy het sy Gees vir my gestuur as waarborg van my eie opstanding uit die dood sowel as die ewige lewe.

3. Lees die verhaal van die hemelvaart wat Jesus ná sy opstanding in Handelinge 1:1-11. Wat tref jou?

4. Lees my opmerkings daaroor. Oordink dit.

Jesus word weggeneem die hemel in

Jesus het ná sy opstanding by verskeie geleenthede aan die apostels verskyn. Hy het op baie maniere aan hulle bewys dat Hy regtig lewe. Hy het belowe dat hulle krag sal ontvang wanneer die Heilige Gees oor hulle kom om mense eerstehands van Hom te vertel. Terwyl Hy dit sê, is Hy in die hemelruim in ’n wolk opgeneem terwyl hulle toekyk. Skielik het daar twee mans in wit klere by hulle gestaan. Die twee sê toe: “Jesus is van julle af weggeneem die hemel in. Hy sal egter nét so terugkom soos julle Hom die hemel sien ingaan het!”

5. Lees die Heidelbergse Kategismus vraag en antwoord 49 oor die nut van die hemelvaart van Christus en dink na oor die betekenis daarvan vir jou.

49 Vraag: Watter nut het die hemelvaart van Christus vir ons?

Antwoord: Ten eerste dat Hy in die hemel ons Voorspraak by die Vader is (a). Ten tweede dat ons ons menslike natuur in die hemel as 'n betroubare waarborg het dat Hy, as die Hoof; ook ons, sy lede, na Hom toe sal neem (b). Ten derde dat Hy sy Gees as waarborg na ons toe stuur (c) deur wie se krag ons soek na wat daar bo is, waar Christus is en aan die regterhand van God sit, en nie na wat op die aarde is nie (d).

(a) 1 Johannes 2:1; Romeine 8:34. (b) Johannes 14:2; 17:24; 20:17 2:6. (c) Johannes 14:16; 16:7; Handelinge 2:33; 2 Korintiërs 1:22; 5:5 (d) Kolossense 3:1.

Is dit hoe jy oor die hemelvaart dink en wat jy ook van Jesus Christus glo?

Scripture

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More