Wie Is God?Sample

Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? — Die belydenisskrifte
1. Lees die aanhalings uit die Heidelbergse Kategismus 34, 36, 37, en 56 en die Westminster Geloofsbelydenis 17. Wat leer jy oor die vergifnis van al jou sondes? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?
Heidelbergse Kategismus
34 Vraag: Waarom noem jy Hom ons Here?
Antwoord: Omdat Hy ons na liggaam en siel van die sondes en uit alle heerskappy van die duiwel nie met goud of silwer nie maar met sy kosbare bloed tot sy eiendom verlos en vrygekoop het (a).
(a) 1 Petrus 1:18, 19; 2:9; 1 Korintiërs 6:20; 1 Timoteus 2:6; Johannes 20:28.
36 Vraag: Watter nut verkry jy uit die heilige ontvangenis en geboorte van Christus?
Antwoord: Dat Hy ons Middelaar is (a), en met sy onskuld en volkome heiligheid my sonde waarin ek ontvang en gebore is, voor God bedek (b).
(a) Hebreërs 7:26, 27. (b) 1 Petrus 1:18, 19; 3:18; 1 Korintiërs 1:30, 31; Romeine 8:3, 4; Jesaja 53:11; Psalm 32:1.
37 Vraag: Wat verstaan jy onder die woordjie: gely?
Antwoord: Dat Christus na liggaam en siel tydens sy hele lewe op aarde, maar veral aan die einde daarvan die toorn van God teen die sonde van die hele menslike geslag gedra het (a). So het Hy met sy lyding as die enigste versoeningsoffer (b) ons liggaam en siel van die ewige verdoemenis verlos (c) en vir ons die genade van God, die geregtigheid en die ewige lewe verwerf (d).
(a) Jesaja 53:4; 1 Petrus 2:24; 3:18; 1 Timoteus 2:6. (b) Jesaja 53:10; Efesiërs 5:2; 1 Korintiërs 5:7; 1 Johannes 2:2; Romeine 3:25; Hebreërs 9:28; 10:14. (c) Galasiërs 3:13; Kol 1:13; Hebreërs 9:12; 1 Petrus 1:18, 19. (d) Romeine 3:25; 2 Korintiërs 5:21; Johannes 3:16; 6:51; Hebreërs 9:15; 10:19.
56 Vraag: Wat glo jy van die vergewing van die sondes?
Antwoord: Dat God, op grond van die voldoening van Christus, aan al my sondes en ook my sondige aard waarteen ek my lewe lank moet stry nooit meer (a) wil dink nie. Uit genade wil Hy aan my die geregtigheid van Christus skenk (b) sodat ek nooit in die strafgerig van God sal kom nie (c).
(a) 1 Johannes 2:2; 1:7; 2 Korintiërs 5:19. (b) Romeine 7:23-25; Jeremia 31:34; Miga 7:19; Psalm 103:3, 10, 12. (c) Johannes 3:18; 5:24.
Westminster Geloofsbelydenis 17
Die Volharding van die Heiliges
1. Diegene wat God in sy Seun aangeneem het en deur sy Gees daadwerklik geroep en geheilig is, kan nooit heeltemal of finaal uit hulle staat van genade val nie. Inteendeel, hulle sal beslis in daardie toestand voortgaan tot die einde toe en vir ewig gered word.1
1. Filippense 1.6, 2 Petrus 1.10, Johannes 10.28-29, 1 Johannes 3.9, 1 Petrus 1.5,9, Job 17.9, Jeremia 32.40.
2. Hierdie volharding van die heiliges hang nie van hulle eie vrye wil af nie maar van God se onveranderlike uitverkiesingsbevel, voortvloeiend uit sy vrywillige, onveranderlike liefde. 2 Dit hang ook af van die doeltreffendheid van die verdienste en voorbidding van Jesus Christus, 3 op die inwonende Gees en inwonende saad van God in die heiliges, 4 en oor die aard van die genadeverbond. 5 Dit alles bevestig die sekerheid en onfeilbaarheid van hul behoud. 6
2. 2 Timoteus 2.18-19, Jeremia 31.3, Efesiërs 1.4-5, Johannes 13.1, Romeine 8.35-39.
3. Hebreërs 10.10,14, 13.20-21, 9.12-15, Romeine 8.32-39, Johannes 17.11,24, Lukas 22.32, Hebreërs 7.25.
4. Johannes 14,16-17, 1 Johannes 2,27, 3,9.
5. Jeremia 32,40, Hebreërs 8,10-12.
6. Johannes 10.28, 2 Tessalonisense 3.3, 1 Johannes 2.19, 1 Tessalonisense 5.23-24, Hebreërs 6.17-20.
3. Nietemin kan die versoekings van die Satan, die wêreld en hulle ou vleeslike natuur, tesame met die verwaarlosing van die middele van hulle behoud, gelowiges daartoe lei om ernstige sondes te pleeg en vir 'n tyd lank daarin voort te gaan. 7 Hulle mishaag God gevolglik 8 en bedroef sy Heilige Gees, 9 laat sommige van die vrug van God se genade en sy gemak van hulle wegneem, 10 laat hulle harte verhard 11 en hulle gewete verwond, 12 ander seermaak en beledig, 13 en tydelike oordele oor hulleself bring. 14
7. Matteus 26.70,72,74, Psalm 51.Titel en vers 14, 2 Samuel 12.9,13.
8. Jesaja 64,5,7,9, 2 Samuel 11,27.
9. Efesiërs 4,30.
10. Psalm 51.8,10,12, Openbaring 2.4, Sagaria 5.2-4, 6.
11. Jesaja 36.17, Markus 6.52, 16.14, Psalm 95.8.
12. Psalm 32.3-4, 51.8.
13. 2 Samuel 12.14, Esra 16.54.
14. Psalm 89.31-32, 1 Korintiërs 11.32, 2 Samuel 12.10.
2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die geloofsbelydenisse jou gee oor die vergifnis van al jou sondes.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

The Holy Spirit: God Among Us

Reimagine Influence Through the Life of Lydia

Everyday Prayers for Christmas

Simon Peter's Journey: 'Grace in Failure' (Part 1)

Who Am I, Really? Discovering the You God Had in Mind

Never Alone

Sharing Your Faith in the Workplace

The Bible in a Month

Gospel-Based Conversations to Have With Your Preteen
