YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 207 OF 364

Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? — Psalm 103:11-12

So ver soos die hemele van die aarde af is, so groot is sy onfeilbare liefde teenoor hulle wat Hom dien. So ver as die ooste is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredings van ons. (NLV)

1. Daar is min gedeeltes wat die werklikheid van die vergifnis van sondes só helder verwoord as juis Psalm 103. Ons sondes verdwyn letterlik in die vergetelheid in. Hoe laat dit jou voel?

2. Psalm 103 sê onomwonde dat God genadig is. Dat sy troue liefde eksponensieel groter is as ons sonde en sondeskuld. Dat Hy vir dié wat vir Hom ontsag het (vertikale as) hulle sondes ligjare ver verwyder (horisontale as). ’n Verskuilde manier om die kruis van Golgota in spel te bring! Watter wonderlike wete! Wat wil jy vir God in respons hierop sê?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat God jou sondes regtig ligjare van jou af verwyder het — so ver as die hemel van die aarde af is, en die ooste van die weste.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Psalm 103 met die tema: Ek wil die Here loof met alles wat in my is.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More