YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 206 OF 364

Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? — Hebreërs 10:14-18

Deur sy een offer het Hy al sy mense vir altyd volmaak geheilig. Die Heilige Gees bevestig dit vir ons wanneer Hy in die eerste plek verklaar: “Dít is nou die verbond wat Ek hierna met die volk Israel gaan sluit, verklaar die Here: Ek sal my opdragte inskryf in hulle harte en Ek sal dit in hulle verstand graveer.” Dan voeg Hy daarby: “Ek sal aan hulle sondes en hulle oortredings nooit weer dink nie.” Inderdaad, waar sondevergifnis ’n werklikheid is, is geen verdere offer vir die sonde nodig nie. (NLV)

1. Jesus het met sy kruisdood nie net al ons sondes vergewe nie, maar ons vir altyd volmaak geheilig. Dink na oor die betekenis daarvan vir jou. Nie net vandag nie, maar vir altyd.

2. God belowe dat Hy nooit weer aan jou sondes en oortredings sal dink nie. Hy belowe ook dat Hy sy opdragte inskryf in jou hart en ingraveer in jou verstand. Wat beteken dit vir jou?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die vryheid en volmaaktheid wat vergifnis van al jou sondes vir jou gebring het.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Hebreërs 9:23-10:18 met die tema: Jesus Christus verskyn in die heiligdom voor God ter wille van ons.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More