YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 187 OF 364

Vraag 27: Wie is die Seun? — Galasiërs 4:3-7

1. Paulus tref hier ‘n onderskeid tussen geestelik minderjariges wat soos slawe lewe, en kinders in wie God se Gees lewe. In die Grieks word die onderskeid met die woorde nēpioi (onvolwasse kinders) en huioi (volwasse kinders) weergegee. Wat is die uitstaande kenmerke hier van minderjarige en volwasse kinders, en hoe verskil dit volgens die teks?

2. Dink goed na dat God die Gees van sy Seun gestuur het om in jou te lewe. Wat is jou ervaring daarvan en hoe kan jy dit meer ervaar?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan God se uitnemende gawe aan jou deur sy Gees, dat Hy jou sy kind noem en jou sy erfgenaam maak.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Galasiërs 4 met die tema: Dié wat glo, is kinders van Abraham.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More