Wie Is God?Sample

Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? — Romeine 9:4-5
1. Paulus beskryf in vers 4 ses voordele wat die Israeliete as uitverkore volk gehad het. Wat is die betekenis daarvan vandag vir jou as uitverkore kind van God?
2. Paulus gaan in vers 5 aan om nog twee voorregte by te voeg. Die afkoms uit die eerbiedwaardige voorvaders (Abraham, Isak en Jakob) en die wonder van die God-mens se geboorte in Christus. Die Israeliete het egter ten spyte van al hierdie voorregte nie in die Here Jesus Christus geglo nie. Hoekom nie en hoe spreek dit jou aan?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat God sy heerlikheid aan jou bekend gemaak het in Christus Jesus. Dat al hierdie dinge ook aan jou behoort: kindskap; God se heerlikheid; die verbonde; die wet; die aanbidding; die beloftes; die voorvaders; die Christus.
4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Romeine 9-11 met die tema: Die Jode se volle getal sal gelowig word.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

The Holy Spirit: God Among Us

Reimagine Influence Through the Life of Lydia

Everyday Prayers for Christmas

Simon Peter's Journey: 'Grace in Failure' (Part 1)

Who Am I, Really? Discovering the You God Had in Mind

Never Alone

Sharing Your Faith in the Workplace

The Bible in a Month

Gospel-Based Conversations to Have With Your Preteen
