Wie Is God?Sample

Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? — Lukas 1:26-38
1. God kom hier nader aan Maria as aan enige mens voor haar. Die Heilige Gees sal oor haar kom, die krag van die Allerhoogste sal haar soos ‘n skaduwee bedek ... en dan sonder om verder uit te brei, word oor die geboorte van Jesus gepraat, die Heilige, die Seun van God. Wat beteken dit vir jou?
2. Maria se gehoorsaamheid gee haar nie net die uitverkore posisie as moeder van Jesus nie, maar maak haar die eerste volgeling, trouens dissipel, wat gekenmerk word deur ‘n absolute verbintenis dat God se wil in hulle lewens sal geskied: “Laat met my gebeur volgens u woord.” Wat vra dit van jou?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat Jesus as mens die Seun van God is. Hy is ons verbinding met God self. Hy vra van ons dieselfde tipe lojaliteit wat Maria bereid was om te gee.
4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Lukas 1:1-56 lees met die tema: Twee Godsmanne word vir twee Godsvroue belowe.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

One New Humanity: Mission in Ephesians

Leading Wholeheartedly

The Lord Speaks to Samuel

Art in Scripture: Be Anxious for Nothing

FruitFULL : Living Out the Fruit of the Spirit - From Theory to Practice

Psalm 2 - Reimagining Power

Managing Your Anger

Season of Renewal

Rescue Breaths
