YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 190 OF 364

Vraag 28: Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou?

1. Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? Dink aan elke moontlike betekenis?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

Jesus het ter wille van my saligheid uit die hemel neergedaal en deur die Heilige Gees uit die maagd Maria volledig mens geword. Hy het juis hiervoor mens geword om in Hom die Goddelike en menslike natuur te verenig, sodat ek verlos kan word om tot die Goddelike majesteit toegang te kan hê. Ek het nou volle toegang tot God deur die enigste Middelaar en Voorspraak, Jesus Christus.

3. Lees die getuienis van Simeon en Anna wat getuig dat Jesus werklik mens geword het in Lukas 2:21-40. Wat tref jou?

4. Lees my opmerkings daaroor. Oordink dit.

Josef en Maria het Jesus na Jerusalem toe gevat om Hom aan die Here te wy. Die Heilige Gees het vir Simeon na die tempel gelei. Hy was wetsgetrou en baie toegewyd. Simeon het Jesus in sy arms geneem en God geprys: “Ek het die verlossing gesien wat U voorberei het voor die oë van alle volke, ’n lig om God aan die nasies bekend te maak!” Ook Anna, ’n profetes, was daar in die tempel. Sy het dag en nag daar gebly en God gedien met vas en gebed. Sy het God begin prys. Sy het oor Jesus gepraat met almal wat verlang het na bevryding.

5. Lees Heidelbergse Kategismus 48 se antwoord op die vraag na die twee nature van Christus en dink na oor die betekenis daarvan vir jou?

Vraag 48: Maar as die mensheid nie oral is waar die Godheid is nie, word die twee nature in Christus dan nie van mekaar geskei nie?

Antwoord: Nee, glad nie. Die Godheid kan immers deur niks ingeperk word nie en is orals teenwoordig (a). Hieruit moet volg dat die Godheid wel buite sy aangenome mensheid (b) is, maar tog ook daarin is en persoonlik daarmee verenig bly.

(a) Jeremia 23:24; Handelinge 7:49. (b) Kolossense 2:9; Johannes 3:13; 11:15; Matteus 28:6.

Is dit hoe jy oor God as Seun dink en wat jy ook van Hom glo?

Scripture

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More