YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 186 OF 364

Vraag 27: Wie is die Seun? — 1 Johannes 5:20

1. Johannes onderstreep drie keer die feit dat Jesus ons die vermoë gegee het om die “ware Een”, die “ware God” te herken. Waarom is dit só belangrik en wat beteken ‘n hegte verhouding met Jesus vir jou?

2. In die konteks waarsku Johannes teen die sonde, teen die wêreld wat in die mag van die Bose lê, en teen die afgode. Hoekom is dit so belangrik om onsself daarteen te bewaar en hoe doen jy dit?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner om in ‘n hegte verhouding met Jesus Christus, die Seun van God, te leef.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van 1 Johannes 5 met die tema: Geloof is die getuienis van God se werk in ons lewe.

Scripture

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More