YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 184 OF 364

Vraag 27: Wie is die Seun? — Filippense 2:9-11

1. Hierdie teks moet in samehang met Filippense 2:5-8 gelees word, die beskrywing van Jesus se selfontlediging. Fokus egter op die beskrywing van Jesus as Here in Filippense 2:9-11. Wat tref jou van sy status ná sy opstanding uit die dood?

2. Wat beteken Jesus as Here vir jou? En vir hierdie wêreld?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat God in Jesus Christus jou Here is.

4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Filippense 2 lees met die tema: Jesus se selfontlediging inspireer ons as ligdraers in die wêreld.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More