YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 183 OF 364

Vraag 27: Wie is die Seun?

1. Hoe dink jy oor God die Seun? Hoe sou jy Hom beskryf?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

Die Seun is die Woord, die Wysheid en die Beeld van die Vader. Hy is die eniggebore Seun van God, voor al die eeue uit die Vader gebore, God uit God, lig uit lig, ware God uit ware God, gebore, nie gemaak nie, een in wese met die Vader, deur wie alles tot stand gekom het.

3. Lees die bekendstelling van God as Seun in Johannes 1:1-18. Wat tref jou?

4. Lees my opmerkings daaroor. Oordink dit.

Heel aan die begin het die Woord reeds bestaan. Die Woord was by God, en die Woord was self God. Alles het deur Hom ontstaan. In Hom was daar lewe. Dié lewe het gedien as die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, ja — die duisternis het dit nie uitgedoof nie! Johannes het van die lig getuig. Die Woord het mens geword en by ons kom woon. Hy is die enigste Seun van die Vader, vol liefdevolle goedheid en waarheid. Aan almal wat Hom aanvaar, dié wat in sy Naam glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.

5. Lees Heidelbergse Kategismus 29 en 31 se antwoord op die vraag: Wie is die Seun?

Vraag 29: Waarom word die Seun van God genoem: Jesus, wat Verlosser beteken?

Antwoord: Omdat Hy ons van al ons sondes verlos (a) en by niemand anders enige saligheid te soek of te kry is nie (b).

(a) Matteus 1:21; Hebreërs 7:25. (b) Handelinge 4:12; Johannes 15:4, 5; 1 Timoteus 2:5; Jesaja 43:11; 1 Johannes 5:11.

Vraag 31: Waarom word Hy Christus, wat Gesalfde beteken, genoem?

Antwoord: Omdat Hy deur God die Vader bestem en aangestel en met die Heilige Gees gesalf is (a) tot ons hoogste Profeet en Leraar (b), wat aan ons die verborge raad en wil van God aangaande ons verlossing ten volle bekend gemaak het (c); tot ons enigste Hoëpriester (d), wat ons met die enige offer van sy liggaam verlos het (e) en met sy voorbidding gedurigdeur by die Vader vir ons intree (f); tot ons ewige Koning, wat ons met sy Woord en Gees regeer en ons by die verlossing wat verwerf is, beskerm en bewaar (g).

(a) Psalm 45:8; Hebreërs 1:9; Jesaja 61:1; Lukas 4:18. (b) Deuteronomium 18:15; Handelinge 3:22; 7:37; Jesaja 55:4. (c) Johannes 1:18; 15:15. (d) Psalm 110:4. (e) Hebreërs 10:12, 14; 9:12, 14, 28. (f) Romeine 8:34; Hebreërs 9:24; 1 Johannes 2:1; Romeine 5:9, l0. (g) Psalm 2:6; Sagaria 9:9; Matteus 1:5; Lukas l:33; Matteus 28:18; Johannes 10:28 Openbaring 12:10, 11.

Is dit hoe jy oor God as Seun dink en wat jy ook van Hom glo?

Scripture

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More