Wie Is God?Sample

Vraag 24: Waar kom die ware geloof vandaan? — Galasiërs 5:5-6
1. Paulus beklemtoon hier dat die vryspraak van die sonde deur geloof ontvang word. Vryspraak is ‘n geskenk van God. Die Gees werk dit in ons. Geloof is die hand waarmee jy dit aanvaar en vir jouself toeëien. Hoe dink jy daaroor?
2. Paulus spel die gevolge van geloof in ‘n mens se lewe uit. Die ware geloof word: “deur liefde dade”. Hoe werk dit prakties in jou lewe?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat jy volkome vrygespreek is deur God. Jy is verenig met Christus wat beteken dat geloof ook in jou deur liefde dade kan word.
4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Galasiërs 5:1-12 met die tema: Geloof wat deur liefde tot dade oorgaan.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More