YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 163 OF 364

Vraag 24: Waar kom die ware geloof vandaan? — Titus 3:4-7

Paulus beskryf die weergeboorte as ‘n reiniging van die sondes wat hy in vers 3 genoem het: Sondes van die persoonlike verslawing aan allerlei begeertes en singenot (“various passions and desires”); Sondes in die gemeenskap van ‘n lewe van kwaadwilligheid en jaloesie; “Ons was haatlik en het mekaar gehaat”.

1. Hoe het jy die weergeboorte ervaar?

2. God gee ons die weergeboorte uit sy goedheid, liefde en genade. Hy spreek ons vry van ons sonde en maak ons erfgename van die ewige lewe. Hoe voel jy daaroor?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan God se goedheid, liefde en genade. Jy is vrygespreek van jou sonde en ‘n erfgenaam van die ewige lewe.

4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Titus 3 lees met die tema: Gesonde lewe.

Scripture

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More