Wie Is God?Sample

Watter soort Verlosser het jy nodig? — 1 Timoteus 2:3-6
Soos in die brief aan Efese word gebed as een van die belangrikste dinge genoem wat ‘n gemeente kan beoefen. En die gebed is nie net privaat vir die behoeftes van enkelinge of selfs van die gemeente nie, maar vir alle mense. Hoewel regeerders uitgesonder word, veral met die oog op ‘n rustige en stil lewe in volkome toewyding aan God in alle eerbaarheid, bly die fokus alle mense. En Paulus is baie ernstig daaroor dat God se wil is dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom — en onthou dat die gemeente die draer van die waarheid is, soos ons in die volgende hoofstuk gaan sien.
Dit is na alles ook die hart van Paulus se roeping, om die boodskap hiervan aan alle nasies te bring. Die boodskap van Christus as Middelaar, waaroor die Heidelbergse Kategismus so roerend praat, is die motivering vir sy lewensmissie. Almal moet hoor van die Middelaar wat versoening bring tussen mense en God. En hiervoor moet die gemeente voortdurend en volhardend intree.
1. Paulus moedig die gemeente hier aan om te bid dat die boodskap van Christus as Middelaar alle mense bereik. Want, Hy bring versoening tussen mense en hulle God. Hoekom is dit so belangrik?
2. Gelowiges kan op baie goeie dinge fokus. Maar hierdie boodskap oor Jesus as Middelaar is die hart van die evangelie. Watter goeie nuus is dit vir mense? Hoe kan jy die verkondiging hiervan die kern van jou eie geestelike lewe maak?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die vryheid wat Jesus vir almal van ons gebring het. Hy het sy lewe daarvoor gegee. Hy vra van ons om dieselfde te doen.
4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van 1 Timoteus 2 met die tema: ‘n Lewe in gebed deur mans en vrouens.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Be Fruitful

Living LifeWise: The Good Samaritan

Helping Your Kids Know God's Good Design

God With Us: Lessons From the Incarnation

Victory Is Yours: Overcome Life’s Challenges God's Way

THE PRAYER of JABEZ

Spiritual Portals

The Power of Generosity: Sharing God’s Abundance

7 Days to Fall in Love With Jesus – Jean-Luc Trachsel
