YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 127 OF 364

Vraag 19: Watter soort Verlosser het jy nodig?

1. Dink jy daar is verskillende maniere om jou van die skuld van sonde en afgodery te red? Watter soort Verlosser het jy nodig? Wat van ander mense in die wêreld? Het hulle dieselfde Verlosser nodig?

2. Lees my antwoord op die vraag en oordink dit.

’n Verlosser wat tegelykertyd ware regverdige mens is en ware ewige God. God wil hê dat almal verlos word en die waarheid verstaan, want daar is net een God en een Middelaar wat God en mens kan versoen, die mens Christus Jesus. Hy het sy lewe gegee om vryheid te koop vir elkeen wat in Hom glo.

3. Die goeie nuus is dat daar ‘n Verlosser is wat God en mens is. Wat met God op ‘n gelyke voet kan verkeer sowel as met ons as mense. Sy Naam is Jesus Christus. Hy is God en mens. Watter hoop gee Hy jou vir jou eie verlossing?

4. Lees die verhaal van Jesus se verheerliking op die berg in Matteus 17:1-13. Wat tref jou?

5. Lees my opsomming van die boodskap daarvan en oordink dit.

Jesus het met drie dissipels teen ’n hoë berg uitgeklim. Terwyl hulle na Jesus kyk, het sy voorkoms verander. Sy gesig het begin straal soos die son. Sy klere het skitterwit geword. Moses en Elia het verskyn en met Jesus gepraat. ’n Helder wolk het hulle oordek. God het uit die wolk gesê: “Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug. Luister na Hom.” Die dissipels het groot geskrik, maar Jesus het hulle gerusgestel. Hy praat toe oor sy dood en opwekking as Seun van die mens. Hy is die Verlosser wat tegelykertyd ware mens en ware God is.

6. Die verhaal van die verheerliking op die berg demonstreer dat Jesus werklik God is, en mens. God bevestig sy godheid uit die hemel: Dit is my geliefde Seun. Jesus bevestig sy mensheid in wat Hy oor Homself as Seun van die mens sê. Watter boodskap het dit vir ons vandag?

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More