YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 130 OF 364

Watter soort Verlosser het jy nodig? — Johannes 1:14-18

1. Jesus se menswording word met twee frases beskrywe wat baie betekenisvol is, Hy het mens (vlees) geword en by ons kom woon (tent opgeslaan) onder ons. Dit beteken dat Hy volledig mens geword het, ons sondige vlees aangetrek het, en ’n menslike bestaan aanvaar het. En let op dat dit iets is wat van hierdie punt af deel van sy goddelike bestaan geword het. Dit is nie iets wat Hy ooit weer gaan uittrek nie. Hy IS nou ook mens. Hoe laat dit jou voel?

2. Die wonder is dat ons nou die heerlikheid van God kan sien in ’n gewone mens. En ons sien spesifiek sy genade en sy waarheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het. Sy genade loop oor in die tekens van voorsiening (water in wyn, vermeerdering van brood) en verwondering (loop op water); genesing (siek seun, siek man, en blinde man) en oorwinning (opwekking uit die dood). Dit nooi ons uit om Hom te vertrou vir ons lewe. Sy waarheid word ervaar in ’n verhouding met God, iets wat die wet van Moses nooit kon gee nie. Ons kan God in Hom raaksien — iets wat Moses begeer het, maar nooit voluit kon beleef nie (vgl 1 Korintiërs 3). Wat beteken dit vir jou?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die genade en waarheid in Jesus wat nou ook jou deel is.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Johannes 1 met die tema: Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop.

Scripture

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More