YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 129 OF 364

Watter soort Verlosser het jy nodig? — Jesaja 9:5-6

Jesaja gee hier ‘n prentjie van uitkoms in die toekoms. Dit sal groot verligting bring vir die duisternis waarin gebiede van Sebulon en Naftali, die pad na die see van Galilea, die Jordaanstreek en die gebied van die heidene net te vore gedompel is. Hierdie noordelike gebied van Israel het meesal eerste die aanslag — donkerte — van vreemde leërs moes trotseer. Onder andere is ‘n deel van hul bevolking deur Tiglat-Pileser III weggevoer in 732 v C ( 2 Konings 15:29).

Met verwysing na die verlossing wat God deur Gideon vir die volk gegee het in sy oorlog teen Midian (Rigters 6), word voorspel dat die volk weer versamel sal word en hulle in God se teenwoordigheid sal verbly. Dié uitkoms word dan spesifiek verbind aan ‘n Seun wat vir hulle gebore sal word, waarvan die titels sy uitstaande kenmerke uitspel wat Goddelik van aard sal wees: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, en Vredevors. Hy sal die Dawidsryk herstel, maar anders as Dawid wat bekend was vir sy militêre optrede, sal Hy vrede en voorspoed bring, en dit vir altyd.

Jesus se vestiging in die dorp Kapernaum, juis in dié gebied, was vir die evangelieskrywers ‘n duidelike vervulling van die eerste deel van die profesie oor Sebulon en Naftali — Matteus 4:12–17. Jesus is dus die lig waarna Jesaja in die profesie uitgesien het. En die koninkryk wat Jesus kom stig het, is die vervulling van die tweede deel van die profesie oor die Dawidsryk.

1. Jesaja beskryf die Messias met koninklike titels. Dit is duidelik dat die uitstaande kenmerke daarvan Goddelik van aard sal wees. Dink na oor elkeen en eien die betekenis daarvan vir jou toe.

2. Die Messias sal die Dawidsryk herstel. Maar, anders as Dawid wat bekend was vir sy militêre optrede, sal die Messias vrede en voorspoed bring, en dit vir altyd. Hoe sien ons dit vervul in die Here Jesus Christus?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat hierdie Messias sy koninkryk vestig en dat dit voortdurend uitbrei. Dit sal nooit ophou nie. Die Almagtige waarborg dit.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Jesaja 9 met die tema: Lig aan die einde van die tonnel?

Scripture

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More