Wie Is God?Sample

Luister na Hom!
Die verhaal van die Berg van Verheerliking beskryf die wonderbaarlike gebeurtenis op die berg Hermon in Sesarea-Filippi, net noord van die See van Galilea.
Drie dinge staan vir my uit van hierdie openbaring aan die dissipels.
1. Jesus se voorkoms verander
Matteus vertel eerstens vir ons dat die volgende met Jesus gebeur.
·Sy voorkoms verander terwyl hulle dit kan sien. Ons noem dit die transfigurasie.
·Sy gesig begin straal soos die son.
·Sy klere word wit soos die lig.
Wat is die betekenis hiervan?
Dit is duidelik ‘n openbaring van Jesus se goddelikheid. Dit is hoe die OT dit reeds van God self geopenbaar het.
Psalm 84:12 sê van God: “Die Here God is ’n son en skild.”
Daniël 7:9 sê van God: “Sy kleed was wit soos sneeu, die hare van sy hoof soos suiwer wol.”
Jesus word dus geopenbaar as ‘n ontsagwekkende heerlike wese, Een van dieselfde kaliber, van dieselfde substansie as die God van die OT. Hy is ware mens. Hy is ware God.
Die dissipels kry dus ‘n openbaring van Jesus in sy heerlikheid, in sy Goddelikheid.
Die transfigurasie het hulle die sterkste moontlike motivering gegee om Jesus se woorde na waarde te skat. Want wat Jesus sê, het hulle nou onomwonde geweet, is nie maar net menslike retoriek nie. Dit is absoluut gesaghebbend. Dit is God se woorde.
2. Moses en Elia verskyn
Matteus vervolg tweedens met die verskyning van Moses en Elia wat met Jesus in gesprek tree.
Wat is die betekenis hiervan?
Wel, ons weet uit die OT dat Moses die wet van God verteenwoordig en Elia die profete. Hiermee word die gesag van die Skrif, die OT, onomwonde bevestig. Jesus het immers nie gekom om die wet of die profete op te hef nie, maar te vervul. Daarmee word die gesag van die Woord van God onderstreep. Die Skrifgeworde Woord van God – die Bybel – is nie in stryd met die Vleesgeworde Woord van God – Jesus – nie.
Jesus se identiteit as die Messias, die God-mens wat ons Verlosser is, word dus in die eerste plek bevestig met sy voorkoms.
Maar, terselfdertyd, word die dissipels in die tweede plek herinner daaraan dat Jesus se lering die voortsetting van die Ou Testamentiese boodskap van God in profesie en wet is. Beide OT en NT is dus gesagvol en die Woord van God.
3. Luister na Hom
Terwyl Petrus nog begin voorstel dat hulle drie hutte daar moet bou – een elk vir Jesus, Moses en Elia – gaan God in die derde plek verder met sy openbaring aan hulle deur ‘n helderligte wolk wat sy skaduwee oor hulle gooi.
Wat is die betekenis hiervan?
Die wolk was regdeur die Bybel ‘n aanduiding van God se teenwoordigheid (Eksodus 16:1). Dink terug aan die wolk bedags en die vuurkolom snags in die woestyn (Eksodus 13:21).
‘n Stem het nou uit die wolk gepraat, soos God dit telkens in die verlede gedoen het, sodat die dissipels die konneksie kon maak. Hulle is in God self se teenwoordigheid.
En die stem bevestig die Goddelikheid van Jesus aan hulle:
“Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug.”
En dan kom God by die punt van hierdie openbaring uit.
“Luister na Hom”!
Die dissipels sou hierna nooit weer kon twyfel dat Jesus se woorde gesag het. Op dieselfde vlak as die openbaring van die OT. Jesus praat met die gesag van God self. Hy is immers God self.
Luister na Hom!
Wat beteken dit vir ons vandag?
Dit is ‘n boodskap wat ons regtig nodig het om te omarm vandag. Ek het twee punte wat ek wil onderstreep.
1. Daar is in die eerste plek talle wat ‘n kloof probeer skep tussen die OT en die NT, só asof die God van die OT en die God van die NT twee verskillende gode is.
Dit is egter van alle waarheid ontbloot. Elke woord wat ons in die hele Bybel het – sola et tota Scriptura – kom van God af. Elke woord wat ons in die Bybel het, moet ons leer en lewe vorm. Ons moet daarna luister en daaruit leef.
Soos Jesus self sê in Johannes 10, die Skrif – dws dié dinge wat geskrywe is en aan ons oorgelewer is in die vorm van die OT – kan nie gebreek word nie. Dit moet uitgelê word soos dit geskrywe staan (Johannes 10:35).
Dit geld uiteraard ook vir die NT. As Jesus bv later weer met Johannes praat in die Openbaring, dan sê Jesus vir Johannes wat hy moet skryf, en voeg daaraan by dat niemand daaraan mag verander nie. Niemand mag woorde wegneem of byvoeg by dít wat Jesus vir Johannes gesê het nie (Openbaring 22:18-19).
2. Daar is in die tweede plek talle wat hulle eie interpretasie gee van die Skrif asof elkeen sy eie waarheid kan handhaaf, sy eie uitleg in die Skrif kan inlees.
Petrus help ons die gevaar hiervan besef wanneer hy in sy tweede brief skryf:
19En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ’n lamp wat in ’n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; 20terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ’n saak van eie uitlegging is nie; 21want geen profesie is ooit deur die wil van ’n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.” (2 Petrus 1:19-21AFR53).
Geen profesie in die Skrif is ‘n saak van eie uitlegging nie. Jy kan nie maar jou eie opinie inlees in die Skrif nie. Jy moet die Skrif self leer verstaan en toe pas in jou lewe. Om te luister na Jesus, beteken om te luister na wat in die Skrif staan. En jy kan nie jou eie woorde of betekenis daarin inlees nie.
Wat geskrywe staan, staan geskrywe. Punt.
Ek sluit af
Die ewige Woord van God het nie net die wêreld geskep en alles wat daarin is, maar ook Homself op twee maniere fisiek aan ons openbaar in die Geskrewe Woord van God in OT en NT, sowel as in die Vleesgeworde Woord van God in die Here, Jesus Christus. En dié drie openbarings van die Woord van God is nie in stryd met mekaar nie.
Luister na Hom!
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Sickness Can Draw You and Others Closer to God, if You Let It – Here’s How

Journey Through Proverbs, Ecclesiastes & Job

Journey Through Jeremiah & Lamentations

Prayer Altars: Embracing the Priestly Call to Prayer

The Making of a Biblical Leader: 10 Principles for Leading Others Well

How Stuff Works: Prayer

Live Like Devotional Series for Young People: Daniel

The Way of St James (Camino De Santiago)

Journey With Jesus: 3 Days of Spiritual Travel
