YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 125 OF 364

Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? — Die belydenisskrifte

1. Lees die aanhalings uit die Nederlandse Geloofsbelydenis 17 en Heidelbergse Kategismus 14. Wat leer jy van hoe jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

Nederlandse Geloofsbelydenis 17

DIE VERLOSSER DEUR GOD BELOOF

Ons glo dat ons goeie God in sy uitnemende wysheid en goedheid die mens weer opgesoek het toe Hy gesien het dat die mens homself in die liggaamlike en geestelike dood gewerp en geheel en al ellendig gemaak en al bewende van Hom weggevlug het. God het die mens toe getroos met die belofte om aan hom sy Seun te gee en hom salig te maak — sy Seun, wat uit 'n vrou (Galasiërs 4:4) gebore sou word om die kop van die slang te vermorsel (Genesis 3:15).

Genesis 3:15; 22:18; Jesaja 7:14; Johannes 7:42; 2 Timoteus 2:8; Hebreërs 7:14; Johannes 1:14; Genesis 3; Galasiërs 4:4.

Heidelbergse Kategismus 14

14 Vraag: Kan enige ander skepsel vir ons betaal?

Antwoord: Nee, want ten eerste wil God aan geen ander skepsel die skuld straf wat die mens gemaak het nie (a). Ten tweede kan geen gewone skepsel die las van die ewige toorn van God teen die sonde dra en ander skepsels daarvan verlos nie (b).

(a) Esegiël 18:4; Genesis 3:17. (b) Nahum 1:6; Psalm 130:3.

2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die geloofsbelydenisse jou gee oor hoe jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More