Wie Is God?Sample

Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? — 1 Timoteus 4:10
Paulus fokus in hoofstuk vier op Timoteus se bediening in die gemeente. Sy hoofopdrag is om die gemeente te help om sy funksie as draer en beskermer van die waarheid te kan vervul.
1. Wat sê dit vir jou eie gemeente en jou rol in die beskerming van die waarheid?
Om dit goed te kan doen, moet Timoteus nougeset let op sy eie leer en lewe, sodat hy self in totale toewyding aan die Here kan leef. Sy toewyding aan die Here moet gestempel word deur die hoop wat hy koester op die lewende God wat hom sal verlos.
2. Wat dink jy bedoel Paulus dat hy moet “swoeg” en “veg” daarvoor? Watter rol speel die hoop in jou
eie stryd?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die onvervreembare rol wat ook jy speel in die beskerming van die waarheid. Wy jou aan die stryd in die hoop op God wat voorloop daarin.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van 1 Timoteus 3:14-4:16 met die tema: Die gemeente as draer en beskermer van die waarheid.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

The Way of St James (Camino De Santiago)

What Does Living Like Jesus Even Mean?

Open Your Eyes

Nearness

Break Free for Good: Beyond Quick Fixes to Real Freedom (Part 3)

The Creator's Timing: How to Get in Sync With God's Schedule

Journey Through Leviticus Part 2 & Numbers Part 1

Don't Take the Bait

Solo Parenting as a Widow
