Wie Is God?Sample

Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? — Romeine 5:20-21
Ons het al aandag gegee aan hierdie teks. Vandag dink ons spesifiek verder na oor die feit dat Christus die begin van die nuwe menslike geslag is.
1. Paulus beklemtoon met verwysing na Adam die universele impak van die sonde. Hy beklemtoon terselfdertyd die universele impak van die vryspraak in Christus. Hoe dink jy daaroor?
2. Adam is die oorsprong van die menslike geslag. Christus is die oorsprong van die nuwe menslike geslag. Deur Christus voer die genade nou heerskappy eerder as die dood met die heerlike vooruitsig dat dit tot die ewige lewe lei. Hoe raak dit jou?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat God se genade heerskappy voer in jou lewe. Hy maak jou regverdig en gee jou die ewige lewe.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Romeine 5 met die tema: Vryspraak lei tot vrede en vrye toegang.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Overcoming Temptation

The Lighthouse in the Fog

"Jesus Over Everything," a 5-Day Devotional With Peter Burton

Thriving in God’s Family

Prayer Altars: Embracing the Priestly Call to Prayer

Everyday Led by the Spirit

From 'Not Enough' to More Than Enough

Nicaea - Renewing the Faith

God in 60 Seconds: Music's Connection to God
