Wie Is God?Sample

Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Lukas 1:67-70
Die profesie van Sagaria word deur die eeue die Benedictus genoem. Dit kom van die eerste woord van sy loflied in die Latynse vertaling: “Blessed be the Lord”. Sagaria se loflied het ‘n aantal aanhalings of toespelings uit die Psalms (18:2; 105:8-9; 106:9-10; 148:4) en die profete, veral Jesaja (9:1-2; 11:1-10; 40:3). God kom hulle van hulle vyande verlos deur hierdie Verlosser. Hy sal hulle kom bevry van almal wat hulle haat, wat hulle verbintenis aan God wil verbreek. God kom hulle deur hierdie Verlosser bevry dat hulle Hom “sonder vrees kan dien met toewyding en opregtheid voor Hom.” “Al ons dae”! (vers 74-75)
En hierdie toesegging gaan terug op die verbond met Abraham (Lukas 1:73 – Genesis 12:1-3; 17:1-27) en die belofte aan Dawid (Lukas 1:69 – 2 Samuel 22:3). Want aan hulle het God belowe dat Hy ‘n ruimte sal gee waar hulle God kan dien, sonder om bang te wees vir hulle vyande, waar hulle geseënd kan wees, en tot ‘n seën vir ander sal wees. God het belowe dat Hy sal afreken met die sonde, die vyand van binne.
1. Sagaria bars uit in ‘n loflied uit en prys die Here vir die redding deur Jesus wat die langverwagte belofte van die Messias nou in vervulling laat gaan. Hoe versterk hierdie vervulling van ‘n eeueoue belofte jou geloof in God?
2. Dit is ook duidelik dat ‘n mens op God se beloftes kan vertrou. Hy doen wat Hy sê. Hoe laat dit jou voel oor God?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat jy op God se beloftes kan vertrou. Hy red ons van ons sondes.
4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Lukas 1:57-80 met die tema: God se lig rig ons voetstappe op die pad van vrede.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

The Way of St James (Camino De Santiago)

What Does Living Like Jesus Even Mean?

Open Your Eyes

Nearness

Break Free for Good: Beyond Quick Fixes to Real Freedom (Part 3)

The Creator's Timing: How to Get in Sync With God's Schedule

Journey Through Leviticus Part 2 & Numbers Part 1

Don't Take the Bait

Solo Parenting as a Widow
