Wie Is God?Sample

Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? — Handelinge 5:29-32
Die apostels het teen hierdie tyd 'n groot wonderwerk en genesingsbediening begin opbou. Die helende krag wat van hierdie heilige skitterende gemeenskap uitstraal verander mense se lewens radikaal. Aan die een kant lei die gebeure rondom Ananias en Saffira tot heling vir mense en tot ’n toename in geloof. Aan die ander kant neem die vrees en respek vir die dissipels toe onder dié wie se lewens eintlik ontbloot word deur die lig van God.
En dit is juis omdat die Joodse leiers se lewens die lig van God nie kan verdra nie, dat hulle vrees in ’n toenemende konflik en teëstand oorspoel, en ’n grootskaalse vervolging uitbreek. En let op, dit gebeur in die konteks van 'n kerk wat groei in heiligheid en heling, 'n kerk wat na binne en na buite met integriteit en impak lewe, maar wat onder die skoot kom van mense wat die duisternis liewer het as die lig.
Die Here gryp egter in en verlos sy mense uit die tronk en hulle sit hul bediening voort. Dit is opmerklik hoe die Joodse Raad reageer op die wonder van God se verlossing. Hulle is ontsteld oor hulle gesag uitgedaag word (Petrus-hulle verontagsaam hulle verbod op prediking) en hulle beeld voor die volk benadeel word (deurdat die dissipels die Joodse Raad en volk verantwoordelik hou vir Jesus se dood). Hulle mis so die betekenis van wat hier gebeur, dat God aan die werk is, en dat Hy hulle eintlik uitnooi tot bekering en nuwe lewe.
Let op dat Petrus en die apostels nie net hulle gehoorsaamheid aan God bo alles bevestig nie, maar die geleentheid aangryp om die evangelie ook aan die leiers te verkondig. Want, hulle weet, die toorn van God rus op dié wat nie aan sy Woord gehoorsaam is nie.
1. Petrus en die ander apostels ervaar toenemend groot teenstand van die Joodse leiers. Dit is duidelik dat die teenstand kom van mense wat die lig van God nie kan verdra nie. Tog volhard die apostels met die verkondiging van die goeie nuus ten spyte van die teenstand. Hoekom?
2. Die apostels word nie net deur hulle gehoorsaamheid aan God gedryf nie, maar ook deur die hoop dat hierdie leiers tot inkeer sal kom. Wat tref jou daarvan? Hoe kan jy dit navolg?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die feit dat die Here van jou gehoorsaamheid verwag. Maar ook dat jy ‘n getuie is van die goeie nuus wat vir almal betekenis kan hê.
4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Handelinge 5 met die tema: Die kerk groei in heiligheid en helende krag.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Overcoming Temptation

The Lighthouse in the Fog

"Jesus Over Everything," a 5-Day Devotional With Peter Burton

Thriving in God’s Family

Prayer Altars: Embracing the Priestly Call to Prayer

Everyday Led by the Spirit

From 'Not Enough' to More Than Enough

Nicaea - Renewing the Faith

God in 60 Seconds: Music's Connection to God
