YouVersion Logo
Search Icon

KykNET Lent GidsSample

KykNET Lent Gids

DAY 30 OF 39

Waag om myself te aanvaar soos ek is

"… want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe"
(Efesiërs 2:10).

"Uiteindelik kom ek tot die gevolgtrekking dat my hoogste ambisie is om te wees wie ek reeds is. Dat ek nooit my verpligting sal nakom om myself te oortref nie, tensy ek myself eers aanvaar, en as ek myself ten volle op die regte manier aanvaar, sal ek myself reeds oortref het” – Thomas Merton.

Ek probeer dikwels om die die dele van myself wat ek as onaanvaarbaar beskou weg te steek, af te skeep of te verwerp. Die gevolg is dat ek soveel energie bestee om myself te probeer verander – maar verniet.

Alhoewel dit dalk nie met die eerste oogopslag sin maak nie, sal selfaanvaarding lei tot herskepping. Dit beteken nie dat ek my swakhede en sonde moet ignoreer nie. Inteendeel, dit beteken dat ek selfs meer bewus moet raak van wie ek is, en myself nog steeds moet aanvaar. Paulus herinner ons dat God se genade ons red net soos ons is – sterk punte en swakhede, gawes en sondes en al. Die Here maak my waardig, en as God my aanvaar soos ek is, moet ek ook. God werk met dit wat ek is, nie met wat ek probeer wees nie.

Snaaks genoeg, ek kom baie meer onder die indruk van die feit dat ek God se handewerk is, wanneer ek myself aanvaar net soos ek nou is.

Selfaanvaarding beteken ek erken dat my waarde strek verder as my eienskappe en optrede. Dit strek verder as dit wat ek dink. Wanneer ek waag om myself te aanvaar, word ek meer opreg en ontdek ek wat ek werklik begeer. My begeertes skuif en verander voortdurend. My diepste begeertes om aanvaar te word, geag en geliefd te wees, verander egter nie. Maar die manier waarop ek die vervulling van hierdie begeertes najaag, sal verander. Ek sal nie meer wie ek is najaag nie, maar wie ek is aanvaar, en meer doelbewus op God staatmaak.

Oefening:

Watter deel van jouself is jy geneig om weg te steek, af te skeep, of te verwerp? Watter deel van jouself sien jy as onaanvaarbaar? Praat met die Here hieroor. As jy ‘n geestelike metgesel het, oorweeg om jou nadenke met die persoon te deel. Om onsself te aanvaar en te leer dat ons goed genoeg is net soos ons is, is ‘n reis wat ons saam met God en ander aflê.

Herhaalgebed:

“Ek het jou lief met ’n liefde wat nooit ophou nie. Ek trek jou met troue liefde na My toe.” (Jeremia 31:3)