YouVersion Logo
Search Icon

KykNET Lent GidsSample

KykNET Lent Gids

DAY 29 OF 39

Om in God se arms vasgehou te word

"… want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe"
(Efesiërs 2:10).

"O God, help my om die waarheid oor myself te glo, dit maak nie saak hoe pragtig dit is nie!" skryf die geestelike gids en skrywer Macrina Wiederkehr.

Een van die moeilikste dinge vir enigeen van ons om te glo, is die pragtige waarheid oor onsself. Ek aanvaar geredelik enige negatiewe boodskappe oor myself, maar vind dit uitdagend om wat mooi is te aanvaar.

Ons is, soos Paulus sê, “ryk” te danke aan God se genade deur Christus aan ons. Elkeen van ons is met die grootste vaardigheid en met ‘n doel deur God geskep, vir God se doel. Ek hoef nie soos enigiemand anders te wees of te doen wat enigiemand anders doen nie, want elkeen van ons het ‘n unieke rol. Ons is immers “God se handewerk”.

Die vergelykings wat ek tref tussen myself en ander help niks. Ek mag dalk dink dat iemand goed genoeg is, maar hulle stem nie saam nie. Ek mag dalk dink dat ek nie goed genoeg is nie, terwyl iemand anders my op ‘n troontjie plaas.

Tydens hierdie Lydenstyd word ek uitgenooi om in doelgerigtheid bewus te raak van die waarheid van my skoonheid. Ek word aangespoor om al die verkeerde definisies en vergelykings te laat vaar. In plaas daarvan word ek uitgenooi om God se genade te verwelkom, wat my goed genoeg maak en my lewe in oorvloed aanbied.

Ek sal nooit vergeet toe ek 'n nuwe ouer sy baba sien vashou het nie. Die gesig van die ouer het gegloei van verwondering en hy het met liefdevolle oë en ‘n diep gelukkige glimlag na die kind in sy arms gekyk. Dis ‘n kragtige beeld hoe God my sien. Hy kyk na ons met dieselfde intimiteit en omhels ons met dieselfde liefdevolle sorg as daardie ouer met sy kindjie. Die baba is meer as goed genoeg – en in God se arms, is ek ook.

Oefening:

Bring vandag tyd deur om jou te verbeel dat jy in God se arms vasgehou word soos ‘n ouer ‘n baba vashou. Let op die verwondering en die bevestigende glimlag op God se gesig terwyl jy in sy oë kyk. Kan jy die liefde in sy oë sien? Neem waar wat jy in jou hart voel. Wat doen dit emosioneel aan jou? Praat met God daaroor.

Herhaalgebed:

“Ek het jou lief met ’n liefde wat nooit ophou nie. Ek trek jou met troue liefde na My toe. (Jeremia 31:3)