YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 8 OF 365

In die tweede lewensles herinner die pa sy seun daaraan dat wysheid na dié kom wat eerlik en onberispelik lewe. Dit is oor hulle pad wat die Wysheid die wag hou. Die Wysheid hou nie wag oor die paaie van dié wat verkeerde dinge verkondig, die regte paaie verlaat, kies om donker paaie te loop en die wandade van slegte mense toejuig nie. Daar is dus hierdie twee paaie. Die keuse vir die pad van gehoorsaamheid word beloon met die gawe van wysheid. Die keuse vir die pad van ongehoorsaamheid word beloon met die oorgawe aan dwaasheid. Dit is ook hoe God se beskerming werk. Beskerming is nie net iets wat God gee sonder jou samewerking nie, maar ook iets wat gebeur as gevolg van die manier waarop jy lewe. Wanneer wysheid en kennis begin om jou lewe te vorm en te verryk en oordeelkundigheid en verstandigheid begin om jou lewe te beskerm en te begelei, neem sy wysheid jou weg van die verkeerde dinge en mense (gee beskerming ) en lei jou na die goeie, regverdige, opregte en onberispelike paaie wat volhoubare en vreugdevolle lewe moontlik maak (gee begeleiding ). Hierdie keuse is jou eie verantwoordelikheid. Dit is nie iets wat iemand anders vir jou kan doen nie. Dit is selfs nie iets wat God sommer sonder jou samewerking kan doen nie, alhoewel daar natuurlik ook die genade-kant van sy betrokkenheid by ons is. Wysheid is dus aan die een kant 'n gawe van God wat jy uit sy hand ontvang en in al sy fasette ontgin, maar aan die ander kant is dit ook iets wat jy persoonlik in jou praktiese lewe moet toepas en ontplooi. Dit is in die ontvangs en in die ontplooiing, die vertroue op God en die persoonlike verantwoordelikheid neem — in jou soeke na oordeelkundigheid en verstandigheid — wat die beskerming en begeleiding gebeur.

Scripture

Day 7Day 9

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ont...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy