YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 7 OF 365

Wysheid kan volgens die Bybel op twee maniere verkry word: · God gee wysheid vir dié wat Hom vertrou . God werk vir hulle selfs wanneer hulle slaap (Psalm 127:2 – ’n Psalm van Salomo!). · God gee wysheid vir dié wat doelgerig daarna soek — 'n verantwoordelikheid wat ons nie kan ontwyk nie. Om die waarheid te sê, dit is hoe dit meestal werk. Dit is met laasgenoemde doelgerigte soektog waarmee Spreuke hier begin. Daarom sê die pa vir sy seun: "Hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in, roep en vra, soek en jy sal dit opspoor." Die pa moedig dus sy seun in die “tweede lewensles” aan om wysheid met gespitste ore te soek, want dán sal hy agterkom dat God wysheid uitdeel en dat die eerste manier hoe ‘n mens wysheid bekom ook vir hom waar sal word. Die Here sal hom nie teleurstel nie. Wysheid is ’n gawe van God, wat ook sukses, beskerming en regverdigheid gee sodat hy op die regte pad sal kan bly. Dit is iets wat Jesus ook later sterk sou beklemtoon in sy bediening en onderrig, soos pragtig geïllustreer is in die bekende uitspraak in die Bergrede: "Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word" (Matteus 7:7-8). Dis interessant dat Jesus hierdie gawe van wysheid met die gawe van die Heilige Gees, die goeie gawe van God (Lukas 11:13) verbind, net soos dit hier in Spreuke 2 met die gawe van God verbind word. En Jakobus sê dat ’n mens wysheid van God kan afbid (Jakobus 1:5). Watter belofte!

Scripture

Day 6Day 8

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy