Spreuke – eenjaarleesplanSample

Die laaste sewe voordele van ‘n knap vrou is:
1. Sy het ‘n sterk en edel persoonlikheid – Spreuke 31:25.
2. Sy praat met wysheid en gee leiding met liefde – Spreuke 31:26.
3. Sy hou goeie toesig oor haar huishouding – Spreuke 31:27.
4. Sy is haar kinders se trots, haar man bewonder haar – Spreuke 31:28.
5. Sy is voortreflik onder die knap vrouens – Spreuke 31:29.
6. Sy leef in ontsag vir die Here – Spreuke 31:30.
7. Sy word in die gemeenskap geëer – Spreuke 31:31.
Natuurlik is hierdie skets die prentjie van ‘n ideale vrou. Dit wil egter eintlik net ‘n prentjie gee van wat moontlik is as potensiaal toegelaat word om te ontwikkel. En na watter soort eienskappe gekyk moet word in ‘n toekomstige lewensmaat.
Ek sluit af met ‘n bykomende manier van interpretasie. ‘n Mens kan die gedig oor hierdie vrou ook as ‘n verdere verpersoonliking van Vrou Wysheid in Spreuke sien.
Dit beteken dan dat Vrou Wysheid nie net by die skepping teenwoordig was nie (Spreuke 8), nie net almal uitnooi om van haar wyshede te geniet nie (Spreuke 9), maar haar woning by ons in die werklike lewe kom maak, as’t ware die metgesel van ‘n werklike persoon word (Spreuke 31). Dit is nou jy!
Soos Murphy dit so pragtig stel:
“Sy is nie een of ander verhewe, afgeleë ideaal vir diegene wat ingelyf is in haar raaisels nie, maar 'n praktiese, altyd-teenwoordige, getroue gids en lewenslange metgesel vir almal wat haar weë kies. Haar oorsprong is by God (8:22–30) en haar onderrig wen seëninge van God (8:35). Maar haar huis is in hierdie wêreld. Dit is hoe Wysheid dit self wou hê. Selfs terwyl sy langs die Skepper was en voor hom speel, was sy ook, in haar eie woorde uit Spreuke 8:31 — juigend in sy bewoonde wêreld en verlustig haar in die mensekinders.”
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More
Related Plans

Journey Through Leviticus Part 2 & Numbers Part 1

Don't Take the Bait

Nearness

Open Your Eyes

The Way of St James (Camino De Santiago)

Solo Parenting as a Widow

The Creator's Timing: How to Get in Sync With God's Schedule

Father Cry: Healing the Heart of a Generation

What Does Living Like Jesus Even Mean?
