YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 10 OF 365

Die pa gaan voort om uit te brei op die idee dat daar ’n “regte pad” is om op te loop, en ’n “verkeerde pad.” Dis iets wat ook baie sterk in die res van Spreuke beklemtoon word. Alles moet daarom in die stryd gewerp word om die regte pad te vind. Niks moet jou daarvan weerhou nie. En alles moontlik moet gedoen word om die verkeerde pad te vermy. In hoofstuk 3 gee die pa nou nog twee “lewenslesse” aan sy seun, wat dit verder inskerp: · Hy gee praktiese raad oor hoe om God te vertrou en in alles te ken (Spreuke 3:1-12). · Hy gee praktiese voorbeelde van hoe dit lyk om die “regte pad” te volg (Spreuke 3:13-35). In die “derde lewensles” van die pa aan sy seun, fokus hy op hierdie frase: “liefde en trou.” Dit stem ooreen met Paulus se opdrag dat ons in liefde by die waarheid moet bly (Efesiërs 4:15). Troue liefde moet ons gedagtes en gedrag rig. Die inhoud is kort en kragtig: "Vertrou God en ken Hom in alles" (Spreuke 3:5-6). Dit is dieselfde grondbeginsels as wat nou herhaaldelik in die vorige twee hoofstukke gegee is, vertroue en verantwoordelikheid . Let op hoe hierdie vertroue en verantwoordelikheid uitgespel word met twee kernwoorde: onthou (moenie vergeet nie) en vashou . Dit is waarin die geheim van jou hele geestelike lewe opgesluit lê. Aan die eenkant moet die verlossing, versorging en bevestiging van die Here in die verlede telkens in herinnering geroep word. Moet dit nie vergeet nie, sê die pa vir sy seun. Aan die anderkant moet vasgehou word aan die wyse riglyne wat God uitspel vir die soort lewenstyl wat nie net sy goedkeuring wegdra nie, maar die toets van die tyd deurstaan het. Die derde lewensles word opgedeel in ses aspekte om die wyse lewenstyl en die voordeel wat dit bring, uit te spel. Elke aspek word in twee verse elk uitgespel – drie positief, drie negatief – telkens met ‘n voordeel daaraan gekoppel. Die eerste drie aspekte is soos volg: · Spreuke 3:1-2 – Moenie vergeet wat jou pa jou leer nie. Dit lei tot ’n lang en vol lewe. · Spreuke 3:3-4 – Moenie dat liefde en trou ontbreek nie (“ skryf dit op die tafel van jou hart ” – AFR53). Dit laat jou guns verwerf en byval vind by God en mense. · Spreuke 3:5-6 – Vertrou volkome (“ met jou hele hart ” – AFR53)) op die Here en ken Hom in alles wat jy doen. Dit laat God toe om jou op die regte pad te laat loop. Vers 5 en 6 (AFR83) kan 'n leuse vir jou lewe word: "Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.”

Scripture

Day 9Day 11

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ont...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy