YouVersion Logo
Search Icon

Kom, Here Jesus, KomSample

Kom, Here Jesus, Kom

DAY 18 OF 43

Lees: 2 Konings 2:1–18

SOAP: 2 Konings 2:11

Terwyl hulle gesels-gesels verder gegaan het, was daar skielik ‘n wa van vuur met perde van vuur wat hulle twee van mekaar geskei het, en Elia is in ‘n stormwind op, die hemel in.

Oordenking

Praat van 'n skielike weggaan! Die een oomblik het Elia en Elisa langs mekaar geloop en Elia se komende vertrek bespreek, en die volgende oomblik het 'n vurige strydwa met vurige perde verskyn en hom weggeneem.

Daar is net drie mense in die Bybel opgeteken wat in die hemel opgeneem is: Henog, Elia en Jesus (na sy opstanding). Al drie kere het die ‘weggeneem’, ‘opgeneem’ of ‘weggeraap’ 'n bietjie anders gebeur, maar het dieselfde effek gehad.

Elia het geweet sy tyd om te Elisa te verlaat, het aangebreek, en al het hy die dag geweet, het hy nie die uur van sy vertrek geweet nie. Ons weet Jesus kom binnekort want Hy het dit duidelik gemaak in sy Woord. Ons ken nie die dag of die uur nie, maar God het ons laat weet dat die dag nader kom. In die wagtyd moet ons voortgaan om die werk te doen wat God vir ons beplan het. Ons kan na Elia kyk as 'n voorbeeld van hoe om ons lewens te leef terwyl ons in die seisoen van afwagting is.

In Elia se lewe sien ons drie maniere om ons lewens nou te leef. Eerstens moet ons vorentoe stap in geloof en nie bang wees vir wat die toekoms inhou nie. Tweedens, soos Elia, moet ons in die volgende generasie belê. En derdens, soos Elisa, moet ons diegene eer wat ons gementor het en voor ons gegaan het. As ons al drie doen, sal dit ons help om doelbewus en effektief te leef met die tyd wat ons oor het.

Gebed

Dierbare Here, help my om 'n lewe soos Elia te lei. Help my om U te vereer met my lewe en om te belê in die volgende generasie. Help my om 'n goeie voorbeeld te stel van hoe dit lyk om doelbewus vir U te lewe. Gee my guns by die volgende geslag om hulle te help om U lief te kry en hulle lewens tot u eer te wil leef. Tot die dag wat ek in u teenwoordigheid kan wees, bid ek, kom, Here Jesus, kom. Amen.

About this Plan

Kom, Here Jesus, Kom

Ek glo ons almal voel dit aan. Daar het ‘n verskuiwing gekom. Die wêreld voel buite beheer en dit lyk asof wat ons oor die laaste dae in die Bybel gelees het, voor ons oë bewaarheid word. Ons dae is ‘n mengelmoes van vrees, misleiding en onenigheid. Kyk ons na die toekoms, voel baie van ons wanhopig. Die antwoord is God. God is ons hoop en ons bestemming.

More