Kom, Here Jesus, KomSample

Lees: Openbaring 22:12–13
SOAP: Openbaring 22:12–13
Jesus sê toe weer: “Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saam met My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het. Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde.
Oordenking
In sommige van ons Christelike kringe praat ons nie veel oor die idee om vir ons goeie werke beloon te word nie. Ek dink dit laat ons ongemaklik voel. Aangesien ons weet dat ons nooit ons redding, 'n gratis geskenk van God, kan verdien nie, is ons geneig om senuweeagtig te raak wanneer die onderwerp van belonings ter sprake kom.
Maar in Openbaring 22:12–13 sê Jesus spesifiek dat wanneer Hy terugkom, Hy ons sal vergoed volgens hoe ons ons lewens geleef het. Wat 'n troos is hierdie belofte vir diegene wat baie gely het vir die Naam van Jesus. Dit is bemoedigend om te onthou dat niks wat vir God gedoen word ooit vergeet of vermors word nie. Jesus sien die opofferings wat gemaak word. Hy sien die ongeregtighede wat aangedoen word aan diegene wat in sy Naam standpunt ingeneem het. Hy weet van die dinge wat van sy volk weggeneem is en Hy het nie vergeet nie. Omdat Jesus die Alfa en Omega is, het Hy dit alles gesien, die begin en einde, en niks het sy aandag ontglip nie. Hy sal ons beloon volgens ons werk.
Toe Jesus die eerste keer aarde toe gekom het, het Hy as 'n baba gekom. Wanneer Christus weer kom, sal Hy terugkom as die brullende leeu, gereed om oordeel oor die aarde te bring.
Gebed
Liewe Heer, dankie dat U heilig en goed is. Dankie dat U alles sien. U mis nooit 'n onreg of hartseer nie. Dankie dat U altyd enige seer waardeur ek gaan, ten goede gebruik. Dankie dat U altyd goed en ‘n doel uit my pyn voortbring. Al bid ek dat my primêre motivering vir gehoorsaamheid my liefde vir U sal wees, dank ek U vir die belofte van u hemelse belonings. Ek sien uit na die dag wanneer ek dit alles by u heilige voete kan neerlê. Mag ek alles doen tot u eer. Tot die heerlike dag kom wanneer ek U van aangesig tot aangesig sal sien, sal ek aanhou bid, kom, Here Jesus, kom. Amen.
Scripture
About this Plan

Ek glo ons almal voel dit aan. Daar het ‘n verskuiwing gekom. Die wêreld voel buite beheer en dit lyk asof wat ons oor die laaste dae in die Bybel gelees het, voor ons oë bewaarheid word. Ons dae is ‘n mengelmoes van vrees, misleiding en onenigheid. Kyk ons na die toekoms, voel baie van ons wanhopig. Die antwoord is God. God is ons hoop en ons bestemming.
More
Related Plans

Rebuilt Faith

24 Days to Reflect on God's Heart for Redemption

30 Powerful Prayers for Your Child Every Day This School Year

Legacy Lessons W/Vance K. Jackson

Protocols, Postures and Power of Thanksgiving

Sharing Your Faith in the Workplace

God's Book: An Honest Look at the Bible's Toughest Topics

Game Changers: Devotions for Families Who Play Different (Age 8-12)

Awakening Faith: Hope From the Global Church
