YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Kies Om Dankbaar Te WeesSample

Kies Om Dankbaar Te Wees

DAY 7 OF 7

Waarvoor sal ek dankbaar wees? In haar outobiografie skryf Corrie ten Boom van ‘n tyd in die konsentrasiekamp toe sy en haar suster geforseer is om hulle klere gedurende ‘n inspeksie uit te trek. Corrie het saam met die ander gestaan en verlate en vuil gevoel. Skielik het sy onthou dat Jesus ook feitlik naak aan die kruis gehang het. Diep geraak daardeur het sy in daardie oënskynlike verlate oomblik na haar suster toe oorgeleun en gefluister: “Betsie, hulle het Jesus se klere ook gevat.” Haar sussie se antwoord in daardie oomblik, nadat sy gesnak het na haar asem, was: “O, Corrie, en ek het nooit vir Hom daarvoor dankie gesê nie.” Watter uitroep! Dankbaarheid verg nie baie nie – net erkenning van wat ons Verlosser vir ons uit liefde gedoen het en om te onthou dat niks ons van sy liefde kan skei nie. Jeremia skryf in Klaagliedere 3:22: “ ... deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot .” God is getrou selfs wanneer ons nie is nie en omdat Hy getrou is, kan ons die storms van die lewe trotseer wetende dat Hy ons Herder is en dat ons niks kort nie. Omdat God getrou is, weet ons dat Hy selfs in die donkerste uur van ons lewens met ons sal wees ... Daar is ‘n legende wat vertel word van ‘n man wat afgekom het op die skuur, waar die duiwel sy saad, wat hy in die mens se hart saai, bêre. Die saad van mismoedigheid – waarvan daar meer as enige ander soort was — was ook daar. Hierdie saad kan op omtrent enige plek groei. Toe die duiwel hieroor uitgevra is, het hy teësinnig geantwoord dat daar wel een plek is waar hy dit nooit aan die groei kan kry nie. “En waar is dit?” het die man gevra. Die duiwel het hartseer geantwoord: “In die hart van ‘n dankbare mens.” Kom ons wees dankbaar en loof die Here!
Day 6

About this Plan

Kies Om Dankbaar Te Wees

Dankbaarheid is 'n keuse. Ons kan nie wag tot alles in ons perfek is voor ons besluit om dankbaar te wees nie. Daardeur misken ons nie die slegte dinge en lyding in die lewe nie, maar ons kies om die lig van dankbaarhei...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy