YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Kies Om Dankbaar Te WeesSample

Kies Om Dankbaar Te Wees

DAY 5 OF 7

Kom dank nou almal God Ek wil graag die verhaal van Ds Martin Rinkart met julle deel. Hy was ‘n Duits-Lutherse predikant. Die 31-jarige Rinkart het in 1617 die predikant van sy geboortedorp Eilenburg geword. Met sy bevestiging as nuwe predikant het die 30-jarige oorlog uitgebreek. Eilenburg was gedurende sy hele bedieningstyd deel van die oorlogsone. Die soldate het gereeld die stad geplunder vir kos. Daar was armoede, broodgebrek en hongersnood in die stad. ‘n Plaag het in 1637 in die land en stad uitgebreek. Hierdie plaag het 8 000 van die stad se inwoners se dood gekos. Sy twee kollegas het ook gesterf. Hy moes toe die werk van drie predikante doen. Hy het 40 tot 50 mense per dag begrawe. In totaal het hy daardie jaar 4 480 mense begrawe. Sy eie vrou het ook as gevolg van die pes gesterf. Hy het gesukkel om vir sy kinders kos op die tafel te sit. Boonop het die Sweedse weermag ‘n geweldige hoë belasting op die stad gehef. Van al sy pleidooie het niks gekom nie. Hy het toe die stad tot gebed opgeroep. God het hulle gebed verhoor en die Sweedse generaals het hulle belasting drasties minder gemaak. ‘n Mens sou ‘n klaaglied oor die stad en gemeente van Eilenburg wou skryf. Soveel ellende vra ‘n klaaglied, maar dan skryf Ds Martin Rinkart in 1636 die beroemde gesang: “Nun danket alle Gott” wat in Afrikaans natuurlik die bekende gesang: "Kom dank nou almal God" is. 1\. Kom dank nou almal God met hart en mond en hande; loof hom wat wonders doen tot in die verste lande. van vroeg van kindsbeen af, het Hy ons trou bewaar en tot vandag toe nog geseën en gespaar. 2\. O God so ryk en goed, gee ons solank ons lewe altyd ‘n blye hart; as dit u wil is: vrede. Laat u genade ons beveilig teen gevaar, in donker ure ons van struikeling bewaar. 3\. Lof, eer sing ons voor God, die bron van alle lewe – die Vader, Seun en Gees, almagtig en verhewe. Drie-enige God, ons roem u krag en majesteit. o Heer, ons wil U noem: ons God in ewigheid ! Ds Martin Rinkart het alle rede gehad om net Klaagliedere te skryf, maar ten spyte van al die tragiese hindernisse en aanvegtinge, het hy verkies om die goeie te soek om voor dankbaar te wees. En jy?
Day 4Day 6

About this Plan

Kies Om Dankbaar Te Wees

Dankbaarheid is 'n keuse. Ons kan nie wag tot alles in ons perfek is voor ons besluit om dankbaar te wees nie. Daardeur misken ons nie die slegte dinge en lyding in die lewe nie, maar ons kies om die lig van dankbaarhei...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy