YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Kies Om Dankbaar Te WeesSample

Kies Om Dankbaar Te Wees

DAY 2 OF 7

Gee uitdrukking aan jou dankbaarheid Om vir jou kind ‘n naam te gee, is ‘n groot verantwoordelikheid. Die meeste ouers doen groot moeite om die perfekte naam vir hulle kind te kies. Josef het. Na al Josef se slegte ondervindinge het die Here hom beloon met ‘n plek in die farao se paleis, ‘n vrou en sy eie huis. Die tyd het gekom om te begin met ‘n familie. Een middag, terwyl die jong paartjie op die bank sit, sê Josef: “ Ek het gedink aan name vir ons baba. ” “Wat is dit?” vra Asenat. “God het my laat vergeet.” Ons kan onsself net voorstel hoe verward Josef se vrou hom aangekyk het. “God het my laat vergeet? Moet ek dus elke keer wanneer ek my seun roep, sê: ' God het my laat vergeet'? S joe, Josef, ek weet nie. Ek het meer gedink aan ‘n Egiptiese naam soos Tut of Ramses.” “Nee, ek wil hê dat God se naam geëer word elke keer wanneer my kind se naam gesê word. God het my al die pyn en seer laat vergeet wat ek as gevolg van my broers moes verduur en ek wil hê God moet weet dat ek dankbaar is.” Dit het my laat dink aan die sendingdokter wat in Indië gewerk het. Die mense is met normale sig gebore, maar daar was iets wat veroorsaak het dat hulle stelselmatig blind gword het. Baie mense het na die sendingdokter toe gekom, want hy het geweet watter behandeling die blindheid kan voorkom. Hulle is dan daar weg met die besef dat hulle blind sou geword het as dit nie vir dié man was nie. Die sendingdokter het gesê dat hulle nooit dankie gesê het nie, omdat die woord “dankie” nie in hulle dialek bestaan nie. Hulle het in plaas daarvan ‘n woord wat “Ek sal van jou naam vertel” beteken, gebruik. Waar hulle ook al gegaan het, het hulle vertel van die man wat hulle genees het. Hulle het iets so wonderliks ontvang dat hulle graag vir almal daarvan wou vertel. Skielik besef ons ook dat ons ook iets so wonderliks van die Here ontvang het dat ons dit nie vir onsself kan hou nie. Dis dan dat 'n mens vanuit die diepte van jou hart uitdrukking aan jou vreugde en dankbaarheid teenoor die Here gee. Doen dit sommer nou!
Day 1Day 3

About this Plan

Kies Om Dankbaar Te Wees

Dankbaarheid is 'n keuse. Ons kan nie wag tot alles in ons perfek is voor ons besluit om dankbaar te wees nie. Daardeur misken ons nie die slegte dinge en lyding in die lewe nie, maar ons kies om die lig van dankbaarhei...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy