YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Kies Om Dankbaar Te WeesSample

Kies Om Dankbaar Te Wees

DAY 6 OF 7

Die woordjie “dankie" Die woordjie “dankie” is so eenvoudig — dit voel dikwels nie genoeg om vir iemand net “dankie” te sê nie. Daarom gee ons dikwels iets by soos ‘n kaartjie, 'n bos blomme of sjokolade – net om die woordjie “dankie” iets meer om die lyf te gee. Tog, al klink die woordjie “dankie” so eenvoudig, beteken dit so baie vir ons om dit te hoor. Wanneer jy die woordjie hoor, voel jy gelukkig en tevrede en sal jy dit sommer met plesier weer doen. As die woordjie “dankie” vir ons soveel beteken, hoeveel te meer beteken dit nie vir die Here — wat so ontsettend baie vir ons doen en gee — om dit uit ons mond te hoor nie? Maar dikwels wanneer ons bid en met die Here praat, is ons so besig om vir die Here dinge te vra (daarmee sê ek nie dis verkeerd nie, want ons moet ons behoeftes aan die Here bekend maak) dat daar min plek/tyd oor is om vir Hom dankie te sê vir alles wat Hy reeds vir ons gegee en gedoen het. Kolossense 3 vers 15 sê vir ons dat iemand wat ‘n “Dankie-sê-lewe" lei, iemand is wat DIE HERE SE GENADE IN ALLE OMSTANDIGHEDE KAN RAAKSIEN. Onthou: dis nie ‘n gelukkige mens wat dankbaar is nie, maar ‘n dankbare mens wat gelukkig is. As ‘n mens se hart gevul is met ‘n gevoel van dankbaarheid — en dis nie moeilik nie, want oral rondom ons is daar iets moois of iets (of dit ‘n bloeisel is of ‘n kindergesiggie wat lag) om jou oor te verwonder – en as jy altyd so ingestel is, is daar nie plek vir lelike dinge soos woede, bitterheid, ontevredenheid, naywer en jaloesie nie . As dié dinge wel in jou hart is, is dankbaarheid basies onmoontlik – want dit gaan nie saam nie. Kan jy jou voorstel dat wanneer jy soggens wakker word, jy net die dinge het waarvoor jy die Here die vorige dag gedank het? Die Here het ons vandag 86 000 sekondes as geskenk gegee. Het ons al een van hulle gebruik om vir Hom dankie te sê? Onthou: ‘n Dankbare mens is ‘n wonderlike advertensie vir die Here se goedheid.
Day 5Day 7

About this Plan

Kies Om Dankbaar Te Wees

Dankbaarheid is 'n keuse. Ons kan nie wag tot alles in ons perfek is voor ons besluit om dankbaar te wees nie. Daardeur misken ons nie die slegte dinge en lyding in die lewe nie, maar ons kies om die lig van dankbaarhei...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy