YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Kies Om Dankbaar Te WeesSample

Kies Om Dankbaar Te Wees

DAY 3 OF 7

Is jy een van die tien of nege van die tien? Jesus genees tien melaatses. Ons kan seker wees dat hulle, toe hulle Jesus genader het, geskree het: “ Onrein! Onrein !” Die waarskuwing was nodig. Hulle voorkoms het mense weggedryf: groot sere en knoppe op hulle vel, karbonkels op hulle gesigte en afgestompte ledemate. Vers 14: “Toe Hy hulle sien, sê Hy: 'Gaan wys julle vir die priesters.' Op pad daarheen het hulle gesond geword.” Die melaatses het die betekenis van die opdrag verstaan. Slegs die priesters kon hulle gesond verklaar en die stigma omkeer. Jesus het hulle agterna gekyk toe hulle al dansende oor die horison verdwyn en Hy het vir hulle gewag om terug te keer. Hy het gewag. En gewag. Hy wou al die wonderlike reünie-stories hoor. Wat het jou vrou gesê? Hoe het die kinders gereageer? Was jou hondjies bly om jou te sien? Hoe voel dit om gesond te wees? Jesus het vir die tien mans gewag om terug te keer en dankie te sê, maar net een van hulle het teruggekom. Selfs Jesus was verstom. Jy sou dink niks sou hulle kon keer om voor Jesus se voete neer te val en dankie te sê nie. Dis maklik om te spekuleer. Party was dalk net te besig om dankbaar te wees. Hulle het beplan om dankie te sê, maar moes eers hulle familielede, dokters, honde en bure gaan opsoek. Party was te versigtig om dankbaar te wees. Hulle was skrikkerig om te bly te wees. Hulle was te bang om te hoop. Wat te goed is om waar te wees, ìs mos gewoonlik. Ander was dalk vieserig, omdat hulle nou skielik gesond was. Hulle moes nou ‘n werk gaan soek, hulle verantwoordelikhede by die huis weer nakom en ‘n rol in die gemeenskap speel. Ander was te vol van hulleself. Hulle het gedink hulle was miskien toe tog nie so erg siek nie en as genoeg tyd verloop het, sou hulle vanself gesond geword het. Te besig, te versigtig, te selfgesentreerd, te arrogant … hoe waar is dit van ons gesindheid? As die storie enige aanduiding van ondankbaarheid is, lei nege uit tien mense daaraan. Waar staan jy? Moet ons nie meer dankbaar wees nie? Jesus het ons melaatsheid genees. Sonde het ons gees besmet en ons gevoel verdoof. Tog het die Man op die pad vir ons gesê ons is genees en kyk, ons is! Laat ons onsself voor Hom verootmoedig met: “Dankie, Here!!!”

Scripture

Day 2Day 4

About this Plan

Kies Om Dankbaar Te Wees

Dankbaarheid is 'n keuse. Ons kan nie wag tot alles in ons perfek is voor ons besluit om dankbaar te wees nie. Daardeur misken ons nie die slegte dinge en lyding in die lewe nie, maar ons kies om die lig van dankbaarhei...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy