Krag Vir Elke Dag Sample

Sal ek ooit goed genoeg wees?
In die oë van die wêreld is sy ’n toppresteerder, ’n bewonderenswaardige mens, iemand wat ander bewonder. Op skool en universiteit was sy ’n leier. Daarna ’n baanbreker wat van enige iets ’n sukses maak. Tog vra sy my met trane wat oor haar wange rol: “Sal ek ooit goed genoeg wees?”
So baie van ons vra gereeld dié vraag. Al is dit net daar in ons hart se binnehoekies waarvan niemand weet nie. Daar kan soveel oorsake en redes wees vir hierdie tipiese emosie: Dinge soos die manier hoe ons grootgemaak is, die verwagtinge van ons ouers, terugvoering van ander mense en natuurlik ons tipe persoonlikheid en waardestelsel: die dinge waaraan ons “sukses” vir onsself meet. Kort antwoorde is daar nie op hierdie diepgewortelde vrae nie. Onwrikbare waarhede wel:
Daar is Een wat weet wie jy is en elke besonderheid van jou lewe ken. En dié Een verwag nie van jou om alles vir almal te wees nie. Dis sý werk! Veel eerder wil Hy hê jy moet méns wees. Vervulde, vredevolle, liefdevolle méns.
Vader-wat-my-liefhet, help my om u oë van goedkeuring werklik te sién.
Scripture
About this Plan

Voel dit of die eise van die lewe jou oorweldig? Smag jy na ’n wegkomkans van daaglikse stres en spanning, en onsekerheid oor die toekoms? Dié 14-dag-leesplan uit Milanie Vosloo se dagboek KRAG VIR ELKE DAG se kort, bemoedigende dagstukkies sal jou daagliks versterk en – ongeag die situasie of seisoen waarin jy is – aan jou krag, moed en die vreugde bied vir elke nuwe dag.
More
Related Plans

8 Weeks to Spiritual Fitness

HZY | BRP Week 1 - Introduction to Faith

Lighting Up Our City: Week 3-Connecting Through Your Story

BEMA Liturgy I—Part D

The Cultivation of Consistency

Go Into All the World

Cherished & Chosen: A 7-Day Challenge for Single Women

The Boom Squad: Young Hero Training

Thy Kingdom Come - Prayer Journal
