YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Hoop Vir ’n Nuwe DagSample

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

DAY 3 OF 14

Gee ’n speelse sprong Joan Erikson skryf die volgende oor hoop: Die woord "hoop", volgens geleerdes, het ontstaan uit die korter woord "hop" tot 'n "sprong" lei. Op sy beurt sê Plato die spronge van jong wesens vorm die kern van speel. So sal dit wees. Om te hoop beteken dan om 'n speelse sprong die toekoms in te neem. Dis om 'n sprong van ferm grond af te waag. Om in vertroue te speel. Belê energie, gelag en een goeie sprong wat tot 'n volgende lei — Dans dan verder. (Vertaal uit Engels) Om te hoop, sê sy, is om ’n speelse sprong te gee. Te waag. Om te spring sonder om te sien. Met energie. Vreugde. Wetende dat dit aansteeklik is vir ’n volgende sprong. Vir ander. En dit dan ’n dans raak. Kies vandag om dit te waag om ’n sprong na vreugde en hoop te maak. En dit te waag om die goeie en mooi te sien omdat jy saam met jou God dans. VADER WAT VREUGDE BRING, EK WIL SAAM MET U WAAG OM SPEELS TE LEEF.

Scripture

Day 2Day 4

About this Plan

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

Ware hoop is om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe te beweeg. Dis om die skerp klippe onder jou voete te voel, maar dan te kies om saam met jou Vader aan te hou stap. Hierdie leesplan is ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy