YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Hoop Vir ’n Nuwe DagSample

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

DAY 2 OF 14

Hoop = ’n manier van kyk “Wat die woestyn aantreklik maak, is dat daar iewers ’n fontein wegkruip. Maar die oog is blind. ’n Mens moet met die hart kyk.” So lees ek in die storieboek Die klein prinsie . Ons het almal goed waarvoor ons hoop. My sussie hoop om pynverligting vir haar artritis te kry, my vriendin hoop om van kanker genees te word, ’n vriend van my hoop om sy besigheid te red. Duisende hoop vir ’n beter lewe. Vir ’n huis van sand en steen. Vir lopende water. En genoeg kos op die tafel … Waarvoor hoop jy? Sit vandag sommer net met jou oë toe en dink aan al die dinge waarvoor jý hoop. Pak dit een-een voor jou Vader uit terwyl jy in jou geestesoog die prentjies sien, sou die hoop ’n werklikheid raak. Ja, probeer saam met Hom die fontein in jou woestyn sien. Dalk gee dít alleen vir jou ’n stukkie “dit-kán-hoop”. Mag jy elke dag met hoop begin: Hoop wat weet dat God jou hart en sy versugtinge raaksien. Dat Hy jóú sien. En dat Hy jou kan help om jou lewe ánders te sien. HERE, MAAK MY OË OOP VIR DIE HOOP WAT U GEE.

Scripture

Day 1Day 3

About this Plan

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

Ware hoop is om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe te beweeg. Dis om die skerp klippe onder jou voete te voel, maar dan te kies om saam met jou Vader aan te hou stap. Hierdie leesplan is ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy