YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Hoop Vir ’n Nuwe DagSample

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

DAY 5 OF 14

Die hemel in aksie ’n Teoloog met die naam Dallas Willard is in ’n onderhoud gevra of die punt van Christenskap is om in die hemel te kom wanneer jy sterf. Sy briljante antwoord was: " Nee, die punt van Christenskap is om in die hemel te kom voor jy sterf. " Wanneer God in ons is, is die Alfa en die Omega in ons. En dít maak dat ons, ongeag ons omstandighede, kan bly hoop. Kan aanhou om midde-in die donkerte om en in ons, die lig te bly soek. Die hemel nou reeds te kan leef, en dit kan uitdeel. God het ’n ewigdurende nou geskep waarin Hy is. Die nou waarin ek en jy stoei met die lewe, waar ons oor ons eie gebroke menswees struikel, sukkel om die regte dinge te doen … is Hy! God se hemel lê daarin dat ons juis, ondanks die stukkend om en in ons, sy genade hier en nou kan ervaar. En daarom genade met myself kan hê en dit teenoor ander kan leef. Die hemel is genade in aksie. Wanneer? … Vandág! MAAK MY VANDAG … EN MÔRE ’N KANAAL VAN U HEMELSE GENADE, VADER.
Day 4Day 6

About this Plan

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

Ware hoop is om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe te beweeg. Dis om die skerp klippe onder jou voete te voel, maar dan te kies om saam met jou Vader aan te hou stap. Hierdie leesplan is ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy